Uit Rian se pen


Ons bou ons geloof gewoonlik op ons eie probeerslae om sin te maak van God en vir God ruimte te skep in ons lewens.  Deel hiervan is om onsself voortdurend te probeer “verbeter”, om harder te werk aan ons toewyding aan die Here, wat ons dan gewoonlik meet aan die beoefening van geestelike dissiplines, bv gebed, getuienis, stiltetyd, ens en in watter mate ons dit regkry om sonde te vermy en reg te leef.
Totdat ons op die punt in ons lewens ontdek en eerlik moet erken dat ons dit meestal nie regkry nie.  Swaarkry, siekte, teleurstellings, dood van geliefdes, stukkende drome en moeilike verhoudings plaas dan hierop ‘n vergrootglas en ons worstel met die vraag:  Help dit om te glo? En hoe help dit? Want geloof moet tog baie meer as net ons probeerslae wees!
 
Die reeks oor die kleinprofete het my opnuut laat ontdek dat duisende jare gelede ander gelowiges ook hiermee gesukkel het en dieselfde vrae oor hulle geloof gehad het, veral toe dit met hulle baie swaar gegaan het. Die wonder-ontdekking is dat geloof ook (en dalk baie meer) gaan oor God wat voluit oppad is na ons toe en aanhou uitreik en omgee en kies om betrokke te bly, al voel dit baie keer vir ons nie so nie en sien ons nie dadelik die pad vorentoe en kry ons nie die antwoorde op ons vrae nie en verander ons en ons omstandighede nie. Geloof is die diepe oortuiging dat God nog nie klaar is met ons nie en dat sy pad dwarsdeur al ons vrae en worstelinge en probleme en twyfel loop. Hy sal weet, sy Seun het ook hierdie pad van geloof geloop. Habakuk 3 :17-19 som dit dalk die beste op as hy sê:  “Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig oor God my Redder… Die Here, my God, gee vir my krag. Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.”

Onthou ons Makietie 10-12 Junie by Allianz Park, kry al die inligting hier!!

Vorige Briewe
 

RianSteyn
Voorspoedige Nuwe Jaar!
Mag 2017 ‘n baie geseënde en opwindende jaar in julle lewens wees. In Jesaja 43:18-19 lees ek hierdie belofte: “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur... More ...
Kersboodskap
Baie dankie vir hierdie jaar wat ons saam kon journey. Die Here was getrou en het gesorg, deur swaarkry en hartseer, maar ook in vreugde en viering, in tye van gebrek, maar ook in tye van oorvloed. More ...
Rian se Pen
Brexit - 'n Land in rep en roer
Ek is seker dat min van ons gedink het dat die Brexit referendum soveel opslae sou veroorsaak! Hierdie hele land is in rep en roer soos nog nooit te vore nie en maak nie saak hoe ons hierna kyk en self hieroor voel en of ons "In" of "Uit" gestem het nie More ...
Lydenstyd 2016
Lukas 22:42 – “Jesus het gebid: Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg...” More ...
BraveSlide
Brave
Brave - ready to face and endure danger or pain; showing courage, possessing or exhibiting courage or courageous endurance, feeling or showing no fear. More ...
Rian se Pen
Wees soos Jesus (8)
Jesus het nooit probeer om mense tevrede te hou of gelukkig te maak nie, of so op te tree dat mense meer van Hom hou nie! Hy doen wonders nie om die guns van mense te wen nie More ...
Rian se Pen
Wees soos Jesus (7)
Geloof en godsdiens het baie minder te doen met uiterlike godsdienstige handelinge, rituele en tradisies as wat ons dink. In Markus 7 sien ons dat dit vir Jesus oor baie meer gaan. More ...
Rian se Pen
Wees soos Jesus (6)
Markus 6:1-6 vertel die hartseer verhaal hoe Jesus se eie mense niks van Hom wou weet nie (v 3)! Hoe skokkend is dit - sy eie mense, hulle voor wie Hy groot geword het, wat Hom die beste moes ken - draai hulle rug op Hom. More ...
Rian se Pen
Wees soos Jesus (5)
"Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God, die Allerhoogste?" Toe die besetene van Gerasa ontdek dat Jesus hom nie gaan uitlos nie, was dit die vraag op sy lippe. (Markus 5:7) Jesus gaan ons nie uitlos nie... More ...
Rian se Pen
Wees soos Jesus (4)
In Markus 4 kry ons 3 verhale oor saad. Markus 4:1-20 is die gelykenis van die saaier. Jesus word baie vergelyk met die Saaier wat sy Woord saai en die gelykenis vertel van die verskillende reaksie van mense op die Woord. More ...
Rian se Pen
Wees soos Jesus (3)
In Markus 3:1-6 lees ons een van baie onderonsies wat Jesus met die Fariseërs gehad het. Die Fariseërs was nie slegte mense nie, inteendeel, hulle was die toegewyde kerkleiers van hulle dag. More ...
Rian se Pen
Wees soos Jesus (2)
Dit is altyd interessant hoe 'n naweek 'n verskil maak in ons denke en gemoedere oor ons sporthelde! More ...
Rian se Pen
Wees soos Jesus (1)
Die uitdaging vir gelowiges is altyd "om soos Jesus te wees", of sy voetspore te volg of sy voorbeeld na te leef. More ...
Rian se Pen
Getuig en die Wêreldbeker
Richard Rohr vergelyk die Gees se werking met die 2e wet van termo-dinamika (wetenskaplike taal!!!): “Everything winds down unless some outside force winds it back up.” More ...
Rian se Pen
Griekeland se skuld
As ons skuld nie afgeskryf word nie, het ons nie ‘n kans op oorlewing nie. Want ons is skuldig. En ons dra swaar aan ons skuld en skuldgevoelens. More ...
Rian se Pen
Goeie Vrydag?
Hierdie naweek vier ons die kruisiging en opstanding van Jesus saam met Christene dwarsdeur die wêreld. Goeie Vrydag en Paassondag. More ...
Grethe Bezuidenhout
Lent
Paasfees
Timothy Keller skryf soos volg oor hierdie tyd van die jaar, met die aanbreek van Lente (Afrikaans is nogal ‘n slim taal!!): More ...
Roepingpp01
Leef jou Roeping
Ons staan aan die begin van 'n nuwe jaar en elke jaar het ons gewoonlik sakke vol planne en drome en voornemens. Hoekom kies jy nie net vanjaar een nie - plaas net een saak bo aan al jou planne. Dit is my voorneme vir hieride jaar. More ...
Rian se Pen
Galasiers 5
Hierdie is maar net ‘n paar maniere om jou (en my!) te help om die stem van die Heilige Gees te begin hoor en daarna te luister, sodat ons kan vry word van dit wat ons soms so vasvang en versmoor. More ...
Rian se Pen
Dood en Gebed...
Die dood staan in die kern van ons geloof, of anders gestel, die dood konfronteer ons met wat ons werklik glo, oor Jesus, oor God, oor die lewe. More ...
MakietieSmallBanner
Makietie 2014
SA Gemeente Makietie is ‘n fees vir jou, jou gesin en jou vriende! Jy word uitgenooi om ‘n hele naweek lekker saam met die SA Gemeente familie te kuier soos net Suid Afrikaners dit kan doen! More ...
Rian se Pen
What’s in a Name?
Ons volgende preekreeks wat op Sondag 16 Maart begin, is: “What’s in a Name?” Ons name vertel ons stories. Dit vertel waar ons vandaan kom en waarheen ons oppad is. Dit vertel meer van ons karakter as wat ons soms wil erken. More ...
Rian se Pen
Legacy...
Die wêreld het die afgelope week gaan stilstaan. Daar is baie min mense wie se lewe nie op een of ander manier geraak is deur Nelson Mandela nie More ...
Rian se Pen
Die volgende 3 Sondae
Die volgende 3 Sondae is 3 baie spesiale Sondae op ons kalender by SA Gemeente en ek wil jou, jou gesin en jou vriende spesiaal daarheen uitnooi! More ...
Rian se Pen
NB email en vraelys
Ons is besig met ‘n gemeentewye opname/vraelys. Hierdie vraelys wil vir ons ‘n duideliker prentjie gee van hoe ons gemeente lyk om ons te help om as gemeente meer effektief te bedien. More ...
Rian se Pen
Somervakansie en meer...
Hoe bevoorreg is ons om behoorlik warm te kry op die eiland! Elke dag van son maak dit sommer makliker om hier te leef en begrawe die lang koue wintersdae diep weg. More ...
DankfeesSmallBanner
Nuwe Preekreeks en Dankfees 2013
Mense verander. Die heel tyd. En een van die mees aangrypendste gebeure in die geskiedenis in die kerk is die verandering wat daar in die dissipels plaasgevind het na Jesus se dood, sterwe en opstanding. More ...
Lent
Lent 2013
Elke jaar bied Lent aan ons die wonderlike geleentheid om vir 40 dae die vergrootglas op ons lewens te sit. Lent begin môre, Woensdag 13 Februarie. More ...
Campaign
Die jaar 2013
Elke jaar maak ons voornemens vir ’n nuwe jaar, nuwe drome, goeie planne, dalk omdat ons weet hoeveel ons in die ou jaar te kort gekom het! En watter voorreg om dit te mag doen en met sulke hoop te leef! More ...
Laaste mail vir 2012
Die Kerstyd met sy liggies, versierings, geskenke, kuier met vriende is om die draai. Dit is altyd ’n uitdaging om die balans terug te bring na die fokus van ons Verlosser wat in ’n nederige stal gebore is, More ...
Rian se Pen
Jou grootste uitdaging
Ons grootste uitdaging as gelowiges is om getuies te wees. En dit is die heel moeilikste, of dalk beter gestel More ...
Selkerk
Legacy - 19 Augustus
Gisteraand het die Olimpiese Spele met ’n gedruis klaargemaak! Ons is so bevoorreg om die Olimpiese Spele so op ons voorstoep te kon hê! En watter skousepel was dit nie. More ...
40 Days in the Word
Maart 2012
“We can’t go around measuring our goodness by what we don’t do, by what we deny ourselves, what we resist and who we exclude. I think we’ve got to measure goodness by what we embrace, what we create and who we include” More ...
Rian se Pen
SA Gemeente en 2012
Nuwejaarsoggend, vroeg toe dit nog donker was, net toe die nuwe jaar afskop, lees ek in Jeremia 31:33 dat God sy Woord in ons harte en gedagtes gaan plant! My lewe is nie net my saak nie. More ...
Kerssangdiens 2011
Closeness to Christ en Kerssangdiens 2011
Spiritual growth is all about increasing relational closeness to Christ More ...
Rian se Pen
Deel van die gemeente
Ek sal altyd bly glo dat die grootste verskil wat ons in die lewe kan maak, is om mekaar lief te hê More ...
Lent
Lent - Week 5
Baie dankie dat jy saam op hierdie journey was vir die afgelope 7 weke. More ...
Lent
Lent - Week 4
Jesus se sterwe, herinner ons almal aan die feit dat ons ook eendag gaan doodgaan. More ...
Lent
Lent - Week 3
"When Jesus talk about faith, He means first of all to trust unreservedly that you are loved, so that you can abandon every false way of obtaining love." More ...
Lent
Lent - Week 2
Die uitdaging met gister se erediens was om as ouers ons kruise te dra. More ...
Lent
Lent - Week 1
Waarvan vas jy? Wat het jy prys gegee? More ...