UIT RIAN SE PEN

Lent - Week 3

"When Jesus talk about faith, He means first of all to trust unreservedly that you are loved, so that you can abandon every false way of obtaining love." (Henry Nouwen)

In Johannes 13-17 praat Jesus met sy dissipels die aand voor sy dood. Hierdie gesprek moes so 'n groot impak op Johannes gehad het, dat hy 5 hoofstukke in sy evangelie daaraan afstaan! Nadat Jesus in Joh 13 sy dissipels se voete was en sy verraaier aanwys, verklaar Hy in 14:1-3 "Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie."


Die Lydenstyd van Jesus het die meeste waarde vir ons as ons gaan bly glo dat Jesus vir ons lief is. In uitdagende en moeilike tye is dit waaraan ons vashou. Gister het die erediens gehandel oor die vraag: "Waarheen gaan jy as jy huistoe gaan?" Jesus sê dat Hy vir ons plek in sy huis reghou. Dit is ons eintlike huis. Die enigste huis waar ons onvoorwaardelik liefgehê word, waar ons aanvaar word, waar ons honger en soeke na behoort vervul kan waar word. Dit is op ons pad saam met Jesus waar ons verlange huistoe nuwe betekenis kry, want hierdie Jesus is vir my lief, daarom stap Hy hierdie pad.

Mag jy in hiedie week ontdek en nuut verstaan hoe lief hierdie Jesus vir jou is...

Rian