Nuutste Media 

media-header

 

23 April 2017
Rian Steyn
23/04/2017
Ongelowige Romeinse soldate staan voor die kruis en sien Jesus se lyding en hoe Hy alleen sonder God sterf (“My God, my God, waarom het U my verlaat?” – v 46) en juis dit oortuig hulle dat Jesus werklik die Seun van God is (v 54)! Jesus se lyding maak toegang tot God ‘n nuwe opwindende moontlikheid…
Rian Steyn
09/04/2017
Paulus skryf in Romeine 5:1-11 dat Jesus se kruisdood baie meer vir ons wil kom doen as wat ons soms besef: Dit bring vrede met God wat sorg vir ons verlede (v 1); dit skep vrye toegang tot God wat sorg vir vandag (v 2) ; en gee hoop wat sorg vir ons toekoms (v 2b-5). Wat dit nog meer aangrypend maak is dat dit gebeur het toe ons nog magteloos was (v 6), sondaars was (v 8) en vyande van God was (v 10)! Hy sterf vir ons sonder dat ons dit ooit kan verdien.
Rian Steyn
02/04/2017
Die Lukas evangelie begin die lydensverhaal van Jesus by die mislukking van die dissipels. Judas verraai Jesus, die dissipels stry oor wie die belangrikste is, die dissipels kan nie wakker bly om te bid nie en Petrus verloën Jesus. En tog stap Jesus steeds die volle lydensweg, en sterf Hy vir ons tsv al ons mislukkings!
Rian Steyn
26/03/2017

Volledige Preekreekse


Ons het 'n hele argief van die afgelope paar jaar se preekreekse, waarvan meeste ook hulpbronne het vir selgroep leiers om die reeks te fasiliteer. Of as jy opsoek is na 'n spesifieke preek, gaan soek in ons volledige argief: