Kidz & Tieners 

kids-header


Die kinderbediening by Londenwyk word behartig deur vrywillige ouers van kinders wat deel uitmaak van ‘n bekwame en toegewyde span.
Op Sondae is daar Sondagskool net na die eredienste vir verskillende ouderdomsgroepe.
 
Ons is uitgedaag om ons kinders se geloof te bou en vir hulle te help om hulle geloof uit te leef in die konteks van Engeland waar hulle baie blootgestel word aan ander gelowe en selfs maats wat nie glo nie.  As gemeente wil ons vir ouers en kinders hierin ondersteun.

 Sondagskool vir skoolgaande groepe

  • Lesse word in beide Afrikaans en Engels aangebied deur ’n span van volunteers elke Sondag.
  • Sondagskool vind net na die diens plaas - die kidz/tieners verlaat die erediens tydens kollekte.
  • Ons doen DVD-reekse, Bybelstudie ontdekkingsreise en gesels saam oor aktuele sake.

Tieners
  • Vir die ouer tienergroep is daar na die erediens op Sondae ‘n gespreksgeleentheid ter voorbereiding vir hulle belydenisaflegging.
  • ‘n Jaarlikse tienerkamp word in die Oktober halfterm aangebied saam met al die tieners van die hele SA Gemeente.

 

LW: Alle volunteers is DBS goedgekeur. Click hier vir meer inligting daaroor.