Uit Rian se pen

Elke jaar bied Lent aan ons die wonderlike geleentheid om vir 40 dae die vergrootglas op ons lewens te sit.  Lent begin môre, Woensdag 13 Februarie.BesteBesteasdlfs;adlkf;afkGalasiers 5:1 sê: “Christus het ons vrygemaak sodat ons werklik vry kan wees.” Jesus doen dit met sy doodgaan aan die kruis en sy opstaan uit dood en daardeur is ons vry. Dit staan vas. Ons weet dit. Maar hoe bly ek vry? Hoe word hierdie vryheid deel van my elke dag se lewe? In Galasiërs 5:16 sê Paulus dan verder: “Wat ek bedoel is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor die begeertes van julle sondige natuur nie.” En in vers 18 dat ons ons deur die Gees moet laat lei en in vers 25 dat die Gees ons gedrag moet bepaal. Hoe werk dit prakties?

Die prentjie wat die Here op my hart plaas hieroor, is die prentjie van ‘n padkaart. Ons het mos al vanjaar oor en oor verklaar dat ons lewe ‘n journey is – ‘n op-weg-wees met die Here, ‘n agter-die-Here-aan-leef. En elke dag is ‘n nuwe paar tree op hierdie pad. Al is dit ‘n bekende paadjie wat jy elke dag stap, geld dieselfde beginsels. (Ek sluit aan by dit wat ons in Galasiërs geleer het oor die afgelope maand...)

 - Ons kan seker weet dat die Heilige Gees ons companion is, ‘n reisgenoot, wat saam met ons reis. Ons reis nooit alleen nie –  Jesus is die heeltyd by ons, deur die Heilige Gees wat Hy vir ons gee om ons te help met dit wat ons elke dag moet doen. (Gal 3:2-5, 14, 4:6). Hy gebruik Sy Gees ons te help om dag vir dag Jesus se stem te hoor in elke situasie wat oor ons pad mag kom. Hy wil ons help met alles in ons lewens,  dalk met iemand wat jy moet vergewe maar sukkel, dalk ‘n onmoontlike baas by die werk of dalk om jou vry te maak van ‘n leuen wat jy oor jou eie lewe glo.   Hy is daar, ons hoor net nie altyd Sy stem  nie omdat ons nie  ingestel is op Jesus nie. Die lewe en alles wat gebeur steel dikwels ons gedagtes en fokus weg van Jesus en Sy gees af.  Die Heilige Gees is  ‘n ingeboude GPS wat binne-in ons is – wat al die kaarte en paaie klaar ken! 

 - Dit help nie ons het al die kaarte en ons gebruik dit nie! Dan gaan ons verseker verdwaal. Vra Jesus om jou te help.  Vra Hom enige iets, soek Hom, bid, lees Bybel,  luister na podcasts, sit worship musiek aan en vra Hom om met jou te praat. Ek het al baie keer in my lewe gesien hoe die Here deur die Bybel vir my baie duidelike antwoorde gee, maar ook soms hoe die antwoorde in my gedagtes opkom (Hy leef dan in my, so dit moet mos nie ‘n verrassing wees nie!)  Die Here stuur ook dikwels mense oor ons pad om ons te help of vir ons te bid. (Gal 4:6).  Doen moeite om vir die Here te vra om jou te help, jy kan dit sommer baie gereeld deur die loop van jou dag doen! 

 - Baie keer as ons ek op reis is, soek ek soms vir bekende bakens, of net bevestiging dat ek op die regte pad is – ‘n padteken met die bestemming op help gewoonlik hiermee! Die Bybel is vir ons gegee om ons te help as padkaart  Die Here gee vir ons beloftes in die Bybel waaraan ons kan vashou. Lees jou Bybel. Onderstreep die beloftes wat Hy vir jou gee, dink daaroor, gaan gereeld terug in die dag daarna: “Here, U het mos vanoggend vir my in die Bybel belowe...” of “Here, ek het mos vanoggend dit gelees...” Glo hierdie beloftes en weet dat dit vir jou ook bedoel is. Dit is hoe ek myself daaraan herinner dat Jesus by my is en my help.(Gal 2:20) Ek kan vir seker weet dat Jesus die pad aanwys (dit is dan wat Gal 5:25 belowe!). Een les wat ek in die afgelope reeks uit Galasiërs geleer het en wat vir my soveel beteken is God se belofte dat Hy net so hard binne-in my werk aan my vry word – Gal 3:2-3! Ons is nie alleen nie, Jesus help ons al voel dit nie altyd so nie. 

 - Natuurlik help dit nie ek reis en steur my nie aan die padtekens en waarskuwings nie.  Ons moet leer om gehoorsaam te wees aan die Woord, opdragte uit die Bybel en aan dit wat die Heilige Gees in ons harte wakker maak.  Die Bybel is bv baie duidelik oor die negatiewe impak van sonde in ons lewens. Galasiërs praat op ‘n paar plekke oor hoe verkeerde saad wat ons in ons lewens plant en hoe vrye teuels aan ons sondige natuur ons lewens kan verwoes (Gal 1:4, 2:16,3:22, 5:13, 16-21, 6:8). Dit is belangrik dat jy eerlik met die Here sal wees en sê waarmee jy sukkel, dit bely en vir Hom gee.  Wees eerlik daaroor. Vra die Here om jou te help. Leer om jouself te vergewe. Glo dat God jou vergewe. Vergewe ander. Dit gaan help om vry te kom en vry te bly. Ons kan kies om gehoorsaam te wees. Dit is die langpad van gehoorsaamheid waarvan ons Sondag gepraat het. Maar wees ook versigtig om die omstadighede en plekke en tye wat jou wil laat struikel en jou geloof wil afbreek en jou wil aankla raak te sien en voortdurend vir die Gees te vra om te help! 

 - Galasiërs het ook vir my geleer dat ons ander nodig het om ons te help, en vir ander moet help. Vra jou vriende om vir jou te bid. Begin om vir jou vriende te bid. Vra die Heilige Gees om mense op jou hart te plaas wat gebed of hulp nodig het – en bid vir hulle, gaan help mense wat swaarkry.  Gal 6:1-10 gaan juis daaroor. Ons mag nie dink dat ons alleen sukkel, of sonde het of probeer vry kom nie. Ons reis nie alleen nie. Begin vandag nog vir jou vriende bid – elke dag. Begin bid vir mense wat op jou pad kom. Vat eienaarskap vir jou vriende. Jy kan vandag vir iemand  die wêreld beteken! Ek het geleer dat om vry te word en vry te bly het ons nodig om weg van onsself te leef. Die Here wys ook vir ons vir wie ons moet bid en wie hulp nodig het. Soms is dit net ‘n gedagte...

Hierdie is maar net ‘n paar maniere om jou (en my!) te help om die stem van die Heilige Gees te begin hoor en daarna te luister, sodat ons kan vry word van dit wat ons soms so vasvang en versmoor.  “Christus het ons vrygemaak sodat ons werklik vry kan wees.” Dit is my gebed dat dit waar in jou lewe sal word, dat jy die Here se liefde sal ervaar in die eenvoudige dinge wat ons elke dag moet doen. Die Heilige Gees is by jou, soek Hom met alles binne in jou e Hy sal jou help.

Groetnis in Christus,
Rian

 Vorige briewe

Voorspoedige Nuwe Jaar!
Voorspoedige Nuwe Jaar!
Mag 2017 ‘n baie geseënde en opwindende jaar in julle lewens wees. In Jesaja 43:18-19 lees ek hierdie belofte: “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur...
Baie dankie vir hierdie jaar wat ons saam kon journey. Die Here was getrou en het gesorg, deur swaarkry en hartseer, maar ook in vreugde en viering, in tye van gebrek, maar ook in tye van oorvloed.
Brexit - 'n Land in rep en roer
Brexit - 'n Land in rep en roer
Ek is seker dat min van ons gedink het dat die Brexit referendum soveel opslae sou veroorsaak! Hierdie hele land is in rep en roer soos nog nooit te vore nie en maak nie saak hoe ons hierna kyk en self hieroor voel en of ons "In" of "Uit" gestem het nie
Kleinprofete en Makietie dinge
Kleinprofete en Makietie dinge
Onthou ons Makietie 10-12 Junie by Allianz Park. Ons bou ons geloof gewoonlik op ons eie probeerslae om sin te maak van God en vir God ruimte te skep in ons lewens.
Lukas 22:42 – “Jesus het gebid: Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg...”
Brave
Brave
Brave - ready to face and endure danger or pain; showing courage, possessing or exhibiting courage or courageous endurance, feeling or showing no fear.
Wees soos Jesus (8)
Wees soos Jesus (8)
Jesus het nooit probeer om mense tevrede te hou of gelukkig te maak nie, of so op te tree dat mense meer van Hom hou nie! Hy doen wonders nie om die guns van mense te wen nie
Wees soos Jesus (7)
Wees soos Jesus (7)
Geloof en godsdiens het baie minder te doen met uiterlike godsdienstige handelinge, rituele en tradisies as wat ons dink. In Markus 7 sien ons dat dit vir Jesus oor baie meer gaan.
Wees soos Jesus (6)
Wees soos Jesus (6)
Markus 6:1-6 vertel die hartseer verhaal hoe Jesus se eie mense niks van Hom wou weet nie (v 3)! Hoe skokkend is dit - sy eie mense, hulle voor wie Hy groot geword het, wat Hom die beste moes ken - draai hulle rug op Hom.
Wees soos Jesus (5)
Wees soos Jesus (5)
"Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God, die Allerhoogste?" Toe die besetene van Gerasa ontdek dat Jesus hom nie gaan uitlos nie, was dit die vraag op sy lippe. (Markus 5:7) Jesus gaan ons nie uitlos nie...
Wees soos Jesus (4)
Wees soos Jesus (4)
In Markus 4 kry ons 3 verhale oor saad. Markus 4:1-20 is die gelykenis van die saaier. Jesus word baie vergelyk met die Saaier wat sy Woord saai en die gelykenis vertel van die verskillende reaksie van mense op die Woord.
Wees soos Jesus (3)
Wees soos Jesus (3)
In Markus 3:1-6 lees ons een van baie onderonsies wat Jesus met die Fariseërs gehad het. Die Fariseërs was nie slegte mense nie, inteendeel, hulle was die toegewyde kerkleiers van hulle dag.
Wees soos Jesus (2)
Wees soos Jesus (2)
Dit is altyd interessant hoe 'n naweek 'n verskil maak in ons denke en gemoedere oor ons sporthelde!
Wees soos Jesus (1)
Wees soos Jesus (1)
Die uitdaging vir gelowiges is altyd "om soos Jesus te wees", of sy voetspore te volg of sy voorbeeld na te leef.
Getuig en die Wêreldbeker
Getuig en die Wêreldbeker
Richard Rohr vergelyk die Gees se werking met die 2e wet van termo-dinamika (wetenskaplike taal!!!): “Everything winds down unless some outside force winds it back up.”
Griekeland se skuld
Griekeland se skuld
As ons skuld nie afgeskryf word nie, het ons nie ‘n kans op oorlewing nie. Want ons is skuldig. En ons dra swaar aan ons skuld en skuldgevoelens.
Goeie Vrydag?
Goeie Vrydag?
Hierdie naweek vier ons die kruisiging en opstanding van Jesus saam met Christene dwarsdeur die wêreld. Goeie Vrydag en Paassondag.
Paasfees
Paasfees
Timothy Keller skryf soos volg oor hierdie tyd van die jaar, met die aanbreek van Lente (Afrikaans is nogal ‘n slim taal!!):
Leef jou Roeping
Leef jou Roeping
Ons staan aan die begin van 'n nuwe jaar en elke jaar het ons gewoonlik sakke vol planne en drome en voornemens. Hoekom kies jy nie net vanjaar een nie - plaas net een saak bo aan al jou planne. Dit is my voorneme vir hieride jaar.
Dood en Gebed...
Dood en Gebed...
Die dood staan in die kern van ons geloof, of anders gestel, die dood konfronteer ons met wat ons werklik glo, oor Jesus, oor God, oor die lewe.
Makietie 2014
Makietie 2014
SA Gemeente Makietie is ‘n fees vir jou, jou gesin en jou vriende! Jy word uitgenooi om ‘n hele naweek lekker saam met die SA Gemeente familie te kuier soos net Suid Afrikaners dit kan doen!
What’s in a Name?
What’s in a Name?
Ons volgende preekreeks wat op Sondag 16 Maart begin, is: “What’s in a Name?” Ons name vertel ons stories. Dit vertel waar ons vandaan kom en waarheen ons oppad is. Dit vertel meer van ons karakter as wat ons soms wil erken.
Legacy...
Legacy...
Die wêreld het die afgelope week gaan stilstaan. Daar is baie min mense wie se lewe nie op een of ander manier geraak is deur Nelson Mandela nie
Die volgende 3 Sondae
Die volgende 3 Sondae
Die volgende 3 Sondae is 3 baie spesiale Sondae op ons kalender by SA Gemeente en ek wil jou, jou gesin en jou vriende spesiaal daarheen uitnooi!
NB email en vraelys
NB email en vraelys
Ons is besig met ‘n gemeentewye opname/vraelys. Hierdie vraelys wil vir ons ‘n duideliker prentjie gee van hoe ons gemeente lyk om ons te help om as gemeente meer effektief te bedien.
Somervakansie en meer...
Somervakansie en meer...
Hoe bevoorreg is ons om behoorlik warm te kry op die eiland! Elke dag van son maak dit sommer makliker om hier te leef en begrawe die lang koue wintersdae diep weg.
Nuwe Preekreeks en Dankfees 2013
Nuwe Preekreeks en Dankfees 2013
Mense verander. Die heel tyd. En een van die mees aangrypendste gebeure in die geskiedenis in die kerk is die verandering wat daar in die dissipels plaasgevind het na Jesus se dood, sterwe en opstanding.
Lent 2013
Lent 2013
Elke jaar bied Lent aan ons die wonderlike geleentheid om vir 40 dae die vergrootglas op ons lewens te sit. Lent begin môre, Woensdag 13 Februarie.
Die jaar 2013
Die jaar 2013
Elke jaar maak ons voornemens vir ’n nuwe jaar, nuwe drome, goeie planne, dalk omdat ons weet hoeveel ons in die ou jaar te kort gekom het! En watter voorreg om dit te mag doen en met sulke hoop te leef!
Laaste mail vir 2012
Laaste mail vir 2012
Die Kerstyd met sy liggies, versierings, geskenke, kuier met vriende is om die draai. Dit is altyd ’n uitdaging om die balans terug te bring na die fokus van ons Verlosser wat in ’n nederige stal gebore is,
Jou grootste uitdaging
Jou grootste uitdaging
Ons grootste uitdaging as gelowiges is om getuies te wees. En dit is die heel moeilikste, of dalk beter gestel
Legacy - 19 Augustus
Legacy - 19 Augustus
Gisteraand het die Olimpiese Spele met ’n gedruis klaargemaak! Ons is so bevoorreg om die Olimpiese Spele so op ons voorstoep te kon hê! En watter skousepel was dit nie.
Maart 2012
Maart 2012
“We can’t go around measuring our goodness by what we don’t do, by what we deny ourselves, what we resist and who we exclude. I think we’ve got to measure goodness by what we embrace, what we create and who we include”
SA Gemeente en 2012
SA Gemeente en 2012
Nuwejaarsoggend, vroeg toe dit nog donker was, net toe die nuwe jaar afskop, lees ek in Jeremia 31:33 dat God sy Woord in ons harte en gedagtes gaan plant! My lewe is nie net my saak nie.
Closeness to Christ en Kerssangdiens 2011
Closeness to Christ en Kerssangdiens 2011
Spiritual growth is all about increasing relational closeness to Christ
Deel van die gemeente
Deel van die gemeente
Ek sal altyd bly glo dat die grootste verskil wat ons in die lewe kan maak, is om mekaar lief te hê
Lent - Week 5
Lent - Week 5
Baie dankie dat jy saam op hierdie journey was vir die afgelope 7 weke.
Lent - Week 4
Lent - Week 4
Jesus se sterwe, herinner ons almal aan die feit dat ons ook eendag gaan doodgaan.
Lent - Week 3
Lent - Week 3
"When Jesus talk about faith, He means first of all to trust unreservedly that you are loved, so that you can abandon every false way of obtaining love."
Lent - Week 2
Lent - Week 2
Die uitdaging met gister se erediens was om as ouers ons kruise te dra.
Lent - Week 1
Lent - Week 1
Waarvan vas jy? Wat het jy prys gegee?