UIT RIAN SE PEN

Lent - Week 4

Jesus se sterwe, herinner ons almal aan die feit dat ons ook eendag gaan doodgaan.  En dit is vir baie mense soms 'n skrikwekkende gegdagte en word ons dood soms 'n saak waaroor ons nie wil praat nie!  En dalk omdat ons bang is vir die onsekerheid daarvan.  Of dalk omdat ons bang is dat ons nie goed geneog is om hemel toe te gaan nie en dan in die hel op eindig!


Jesus het 'n ander perspektief, selfs aan die kruis gehad.  Dit is waar Hy pleit vir genade vir sy vyande -  "Vader, vergewe hulle..." en waar Hy die paradys belowe vir 'n moordenaar wat repent - "Vandag sal jy saam met my in die paradys wees..." Juis sy sterwe breek hierdie perspektief oop.  Timothy Keller verklaar "You do not know how much Jesus loves you until you know how much he suffered."

 

Jesus is lief vir ons, onverdiend, onverklaarbaar, en niks wat ons ooit doen gaan dit wegneem nie. Natuurlik sal ons nooit goed genoeg wees om dit te kan verdien nie. Ons hoef nie, Hy het in ons plek gesterf.


En dit is die kern van de Lydenstyd: So lief het Jesus jou gehad...
Mag jy hierdie week ontdek hoe jy lief gehê word!


Rian