UIT RIAN SE PEN

Lent - Week 2

Die uitdaging met gister se erediens was om as ouers ons kruise te dra.  Ons het net so geraak aan die Gen 22 waar Abraham die opdrag kry om sy seun te gaan offer.  Isak was Abraham se enigste seun, sy hele toekoms was op die spel, niks was vir hom belangriker as sy seun nie (vir die mense van die antieke wêreld was kinders 'n waarborg vir hulle toekoms).

 

En hy is bereid om dit prys te gee. Die heel tyd oppad na die berg Moria, sê Abraham, "God sal voorsien" en hy moes dit geglo het. Dalk is dit wat ons hierdie week moet leer, om te leef met die oortuiging dat God sal voorsien. Want Hy sal...

Sterkte vir jou week.

Rian