UIT RIAN SE PEN

Ek sal altyd bly glo dat die grootste verskil wat ons in die lewe kan maak, is om mekaar lief te hê.  Dit is waaraan mense gaan weet hoe lief ons vir die Here en hoe ernstig ons werklik oor Hom is.
 
En dit is van so ’n gemeente waarvan ek wil deel wees.  Natuurlik het ons ’n lang pad om te loop om so te word, maar ek glo dat dit die journey is waarop die Here ons as gemeente wil neem. Want dit is hierdie liefde wat Hom die kruispad laat loop het, omdat Hy vir die wêreld, vir ons so lief was.
 
Ek wil julle uitnooi om saam met my op hierdie pad agter Jesus aan te waag!
 

Rian

Vorige briewe

Voorspoedige Nuwe Jaar!
Voorspoedige Nuwe Jaar!
Mag 2017 ‘n baie geseënde en opwindende jaar in julle lewens wees. In Jesaja 43:18-19 lees ek hierdie belofte: “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur...
Baie dankie vir hierdie jaar wat ons saam kon journey. Die Here was getrou en het gesorg, deur swaarkry en hartseer, maar ook in vreugde en viering, in tye van gebrek, maar ook in tye van oorvloed.
Brexit - 'n Land in rep en roer
Brexit - 'n Land in rep en roer
Ek is seker dat min van ons gedink het dat die Brexit referendum soveel opslae sou veroorsaak! Hierdie hele land is in rep en roer soos nog nooit te vore nie en maak nie saak hoe ons hierna kyk en self hieroor voel en of ons "In" of "Uit" gestem het nie
Kleinprofete en Makietie dinge
Kleinprofete en Makietie dinge
Onthou ons Makietie 10-12 Junie by Allianz Park. Ons bou ons geloof gewoonlik op ons eie probeerslae om sin te maak van God en vir God ruimte te skep in ons lewens.