UIT RIAN SE PEN

Lent - Week 1

Waarvan vas jy? Wat het jy prys gegee?


Die film Chocolat vertel die verhaal van 'n vrou wat 'n sjokolade winkel tydens Lent in 'n Franse dorpie oopmaak!  Dit bots natuurlik 100% met die algemene gebruik om tydens Lent te vas en sekere (lekker)goed prys te gee... In sy preek op die laaste Sondag spreek Paul Henri die jong vicar die saak soos volg aan:
"We must measure our goodness, not by what we don’t do, what we deny ourselves, what we resist, or who we exclude. Instead, we should measure ourselves by what we embrace, what we create, and who we include.”


Ons fokus in Lent mag nooit wees, wat ons prysgee nie.  Dit het waarde.  Dit dwing ons om nuut te kyk na die sake wat ons tyd steel en ons verslaaf en te belangrik vir ons geraak het en selfs ongesond is vir ons. Maar dit is nie die hoofpunt nie. (Daarom is hierdie banner aan die bokant van die brief ook moedswillig!)


Die punt van Lent is dus nooit primêr wat ek prysgee nie maar dit is om nuut raak te sien te ontdek wat Jesus vir ons prysgegee het, die prys wat Hy vir ons betaal het, juis om ons vry te maak van sonde en skuld en wette en reëls en moets en moenies. Ons moet hierdie vryheid uitleef. Dan kan ons sake prysgee, omdat ons wil groei, omdat ons die Here wil vasgryp.


Kol 2:20 "Julle het saam met Cristus gesterf en is dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld..."
2 Kor 5:21 " Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel, sodat ons deur God vrygespreek kan wees..."
Heb 10:14 "Deur die een offer het Christus die wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde bevry..."
Joh 10:10 "Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed..."


Wat gaan jy in hierdie Lydenstyd embrace... wat gaan jy create... wat/wie gaan jy include...?

Groete
Rian