Welkom by SA Gemeente Londen


Is jy nuut by SA Gemeente Londen? Indien wel, baie welkom!! Gaan kyk gerus na ons Nuut by Ons bladsy om meer inligting te bekom. Ons eredienste begin om 9:30am elke  2e en 4e Sondag oggend van die maand en is gewoonlik so uur en 'n half lank. Kom kuier saam met ons voor, of na die diens oor 'n koppie tee of koffie met koekies. Ons sal jou graag wil ontmoet!

Ons het ook elke Sondag 'n online diens. 
Hier is al die besonderhede oor hoe om saam te kyk:
 - Facebook
 - Youtube
 - Website
Nuut by Ons? Meer oor Ons
Erediens Tye Ons ontmoet elke 2e en 4e Sondag om 9:30am
Kom loer gerus in!
Adres David Game College, EC3N 2ET
(Google Maps)
Ons gaan elke 2e en 4e Sondag terug (kontak-) kerk toe met eredienste om 09:30 in David Game College. Hierdie dienste gaan soos in die verlede (voor-Covid) ook online beskikbaar wees, maar in ‘n ander formaat.

Onlangse Nuus

Kom bid elke Vrydag oggend @ 6am saam. Ons bid vir 30 min saam net voor jou dag begin.
Sondagskool online is waar jy al die nodige materiaal en videos kan kry vir Sondagskool by die huis
Ons eredienste word elke Sondag om 9:30 live uitgesaai. Al die inligting is hier beskikbaar. Jy kan ook alle Sondagskool online inligting hier sien.
Lees meer...