Welkom by SA Gemeente Londen


Is jy nuut by SA Gemeente Londen? Indien wel, baie welkom!! Gaan kyk gerus na ons Nuut by Ons bladsy om meer inligting te bekom. Ons eredienste begin om 9:30 vm elke  2e en 4e Sondagoggend van die maand en is gewoonlik so uur en 'n half lank. Kom kuier saam met ons voor, of na die diens oor 'n koppie tee of koffie met koekies. Ons wil jou graag ontmoet!

Ons het ook elke Sondag 'n Aanlyn Preek beskikbaar indien jy nie 'n erediens kan bywoon nie.


Nuut by Ons? Meer oor Ons
Erediens Tye 
Elke 2de en 4de Sondag om 10:00
Bevestig op die kalender
Kom loer gerus in!
Michael Faraday Primary School, Portland St, London SE17 2HR
(Google Maps)
Uit Rian se Pen
Uit Rian se Pen
die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel of klein geloof of sukkel-om-te-glo of jong nuwe geloof of selfs ’n beperkte verstaan en min ken van hoe en wie God is nie. The opposite of faith is indifference… to stop caring about God and God’s things….

Onlangse Nuus

Londen Kersmark
Kom kuier saam op 8 November 2026 en geniet heerlike kerrie en rys, eetgoed en tradisionele Suid-Afrikaanse lekkernye. Biltong, droëwors, koek en koeksisters sal te koop wees. Almal welkom – kom koop, kom eet en kom kuier saam!
Vrouedag Londen
Kom vier Vrouedag saam met ons op ’n heerlike, kreatiewe manier! Ons maak hierdie jaar ’n pragtige Kerskrans terwyl ons lekker kuier en ’n glasie bubbly geniet. ’n Oggend vol kreatiwiteit, lag, lekker gesels en spesiale vrouetyd.
Cross Talk
Luister saam as Ds Rian gesels deur die week vanaf 2 Februarie 2026
Lees meer...