Gemeentebrief
SEPTEMBER 2026 (week 1)  

“... maar wie op die Here vertrou, die omvou Hy met sy liefde."
Psalm 32:10


'n Nuwe skooljaar het begin en op 'n vreemde manier 'n nuwe kans om nuut te begin sommer so in die middel van die jaar!  Kom ons gryp dit vas met albei hande.  En gewoonlik begin ons met nuwe en groter en opwindende planne. 
Wat as God nie 'n groter en beter plan van ons vra nie?
Wat as Hy eenvoudig van ons vra om Hom meer en dieper te vertrou?
Want geloof groei as niks anders sin maak nie, wanneer jy kies om eerder te bid as te panic, as jy kies om te bly hoop eerder as om op te gee, as jy kies om te glo lank voordat jy 'n antwoord gekry het.
God het nog nooit nie sy beloftes nagekom nie!
Psalm 32:8-11 lees soos volg:
"I hear the Lord saying: I will stay close to you, instructing and guiding you along the pathway foe ryour life.
I will advise you along the way and lead you forth with my eyes as your guide.
So don't make it difficult; don't be stubborn when I take you where you've not been before.
Don't make me tug you and pull you along.
Just come with me!"
So my conclusion is this:  Many are the sorrow and frustrations of the wicked,
but the Lord's unfailing love surrounds the one who trusts in Him..."
Kom ons hou aan om die Here te vertrou!
Hoe opwindend is dit!
 

VIR JOU DAGBOEK

# Ons volgende erediens is op Sondag 13 September om 10:00 by Michael Faraday School, SE17 2HR.  Sien julle daar!

# Strategiese Saampraat - Op Sondag 13 September nooi ek julle uit na 'n saampraat en dink oor ons Londen kerk na die erediens, van 12:00-13:00.  Ons het elkeen se kreatiewe insette nodig vir ons opwindende vorentoe loop!

# CrossTalk - waar ons die kruis in die kern van ons lewens neersit
Luister vanaf Maandag 7 September saam op Maandae - GROUNDED, Woensdae - ENCOURAGE, en Vrydae - PREPARE.
As jy nog nie deel is van ons wattsapp groep nie, die QR-kode is aangeheg: Kliek en join.


Hoop julle het 'n goeie week en sien volgende Sondag! 

Groete in Christus!

Rian
 Netwerk