2 Desember

Jesaja 7:14 “Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.”
 
Kersfees is magic!  Al die versierings en ligte en opbou na kuier en familietyd en geskenke en saamkuier maak dat dit ‘n magic tyd van die jaar is. Maar Kersfees se dieper “magic” (magic = dit wat ons nie kan verklaar nie, maar wat lewens vereander) lê in God wat onverwags mens word en tussen ons kom woon. God word ‘n mens. Dit maak Kersfees bonatuurlik of gee dit magic! Immanuel beteken tog God by ons.
 
 Aktiwiteit
Hang iewers in die huis kersliggies en laat elkeen sê wat Kersfees vir hulle magic maak of gaan help julle vriende om hulle liggies op te hang en deel die ervaring oor 'n saamkuier.

Gebed
 Here, dankie vir hierdie magic Kerstyd. Dankie dat U mens word en by ons kom bly.

Kersliggies
 


?

Advent Kalender 2022

'n Onverwagse Kersfees