Gemeentebrief
AUGUSTUS 2026 (week 1)
"To live truthfully is to allow the story of Jesus to become the story that shapes our lives, so that who we are and what we say are no longer divided."
Stanley Hauerwas
“Maak julle lewe en julle dade reg, dat Ek julle kan laat bly in hierdie land."
Jeremia 7:3
Daar is 'n direkte verband tussen ons lewe saam met Christus nou en die pad vorentoe. Ek is besig om Jeremia te lees. Die Israeliete is in die moeilikheid. Hulle godsdiens het net 'n gewoonte en rituele geword. Hulle het gedink omdat hulle tempel toe gaan hulle in God se goeie boekies is, want hulle is die uitverkore volk. Jeremia is baie krities daaroor, want as ons is ernstig is oor ons verhouding met God, dan moet dit hoe ons leef verander.
Luister na wat hy sê in
Jermeia 7:4-5 "
Moenie julle vertroue stel in leuens nie. Julle sê ons is veilig! Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel!" Maak liewers julle lewe en julle dade reg."
Die tempel of hulle godsdiens gaan hulle nie red nie. En dit bring ons terug by verlede week se gedagte dat ons verhouding met die Here ons daaglikse lewe en interaksie met ander en besig-wees moet raak. Hoe ons ander hanteer tel. Hoe ek in elke situasie optree maak saak, want God is die heeltyd by ons. Die heeltyd. So wat eintlik vir die Here tel, is die mens wat en waar ek nou is. Dit is wie ek is as ek alleen is en as ek by ander is. Maar ook meer, want wie ek is moet die heeltyd gevorm word deur wat ek glo van hierdie Here wat vir my lief is, wat my lewe en toekoms in sy hande hou.
VIR JOU DAGBOEK
# Ons volgende erediens is op Sondag 9 Augustus om 10:00 in Greenwich Park - ons stuur 'n pindrop later. Bring jou eie stoele en pak 'n piekniek-mandjie. Sien julle daar!
# CrossTalk - waar ons die kruis in die kern van ons lewens neersit
Luister saam op Maandae - GROUNDED, Woensdae - ENCOURAGE, en Vrydae - PREPARE.
As jy nog nie deel is van ons wattsapp groep nie, die QR-kode is aangeheg: Kliek en join.
Hoop julle het 'n goeie week en sien Sondag in die park!
Die van julle wat weggaan vir die somervakansie - geniet dit!
Groete in Christus!
Rian
