Gemeentebrief
JANUARIE 2026 (week 2)
“Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie,
hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het!"
Hoor tog, Here my God, die gebed van u dienaar, hoor sy smeking, luister na sy hulpgeroep,
die gebed wat u dienaar vandag tot U bid."
1 Konings 8:27-28
“Genuine prayer is never 'good works', an exercise, or a pious attitude,
but it is always the prayer of a child to a Father."
Dietrich Bonhoeffer
Ons is besig om vir 20 dae saam te bid. Doen jouself die guns en maak tyd om te bid, al is dit net 5 minute elke dag. As Jesus sy dissipels leer om te bid, dan sê Hy vir sy dissipels: Gaan na 'n stil plek toe te gaan, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe - kies doelbewus vir hierdie paar minute saam met die Here, en praat met jou Hemelse Vader. Doen dit net, want hierdie verhouding is jou lewe. Die plek is nie so belnagrik as dit wat in jou hart gebeur nie.
In 1 Konings 8 sê Salomo dat God nie in geboue vasgevang kan word nie, Hy is te groot daarvoor en tog wil Hy in ons kom woon, hierdie groot en almagtige God - in ons, ek en jy is vir Hom belangrik genoeg. En wat dit swaai, is as jy verstaan dat gebed is om soos 'n kind na jou pa toe kan gaan. So doen dit net, gaan, raak stil, voor jou hemelse Vader. Niks in die lewe is belangriker as jou verhouding met hierdie Here nie!!
Ek vertel vanoggend in ons saambid van Dietrich Bonhoffer - luister hier daarna.
# Ons volgende erediens is op Sondag 25 Januarie om 10:00 by Michael Faraday School - sien julle daar!
Ons gaan saamgesels oor ons planne vir die gemeente vir 2026 - dit sal great wees as julle almal daar kan wees. Ons eet ook saam, sop en brood. Daar sal sop wees, maar bring brood saam!
# 20 days of Prayer
Bid saam vir die volgende 20 dae. Ek stuur elke dag 'n gedagte en 'n gebed uit Salomo se gebed in 1 Konings 8. As jy nog nie deel is van ons Gemeente Wattsapp groep nie, kliek op die QR-code aangeheg en en raak deel van die groep en bid saam!
Groete in Christus!
Rian
