7 Desember


Lukas 1:38 Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat U gesê het.”
 

Maria se reaksie op wat die engel is onverwags. Sy kry haarself nie jammer nie, sy blameer nie vir Josef nie, sy baklei nie met God nie, sy hardloop nie weg nie.  Ons sien onverwags iets anders in Maria.  Ten spyte daarvan dat haar lewe deurmekaar gekrap  word, is sy bereid om gehoorsaam te wees, God wag vir Maria om Hom te vertrou met haar besluit. God wag ook vir jou om Hom te vertrou met jou besluite. 
 

Aktiwiteit
Skryf 'n 5 goed neer waaroor jy dankbaar is op karton en sny dit uit. Hang dit iewers op in jou huis om jou te help onthou dat jy ook vir God kan vertrou. 

Gebed
Bid saam met jou vriende of gesin en sê vir die Here waaroor jy dankbbaar is. 

dankbaar










 




 

 

6 Desember


Lees Lukas 1:28-30 Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou begenadigde! Die Here is by jou… Moenie bang wees nie Maria, want God bewys genade aan jou.  Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en jy moet Hom die naam Jesus gee.”
 

As ‘n engel onverwags aan ons verskyn, sal ons, soos Maria seker ook baie groot skrik. Maar die engel sê dat sy nie bang hoef te wees nie, want God se plan is genade (die engel sê dit 2 x). En dan word haar wêreld op sy kop gekeer want sy is swanger, terwyl sy nog nie getroud is nie! In daardie tyd was dit ‘n nog groter skande as vandag. Die laaste gedagte met so ‘n aankondiging is dat dit genade is. Haar drome en planne word deurmekaar gekrap, want God het ‘n beter plan.

Aktiwiteit
Wat sal jy doen as 'n engel aan jou verskyn? Kan jy een of twee ander Bybelverhale onthou wat vertel van iets groot wat die Here gedoen het? Lees een van die verhale saam met jou gesin. 

Gebed
Here, dankie dat U vir ons lief is  al loop ons planne skeef help ons om te vertrou dat U die heel beste plan vir ons het. 

Dennenaalde






 




 

 

5 Desember


Lees Lukas 1:26-27 “In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria.”
 

Maria het groot drome gehad. Sy was verloof aan Josef en soos die meeste paartjies seker baie opgewonde oor hulle eie planne. God het ‘n ander plan met Maria gehad. God se onverwagse plan was groter as wat sy ooit vir haarself fon droom.  Kersfees wil ons herinner aan God wat nog beter planne met ons het.

 Aktiwiteit
Sny engele en stêrre uit karton en hang dit op in jou huis. 

Gebed
Here  dankie dat U drome het vir ons. Wys ons assbelief wat U vir ons droom. 

https://www.youtube.com/watch?v=WUcyrc5BpCM

 
star



 

 

4 Desember


Filippense 2:6-7  “Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder  (He emptied himself) deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk geword.”
 
Jesus se geboorte as klein pap baba, wil vir ons daaraan herinner dat Hy net soos ons mens was.  Ons mag weet dat Jesus weet wat dit is om mens te wees. Hy weet wat en hoe ons dink en voel, watter emosies, pyn en vreugde, vrees en vreugde ons beleef. Hy verstaan ons mens-wees.
 
Aktiwiteit
Maak ‘n lys van 5 verskillende emosies wat jy in die Kerstyd ervaar Sê vir Jesus dankie dat Hy mens word en dat Hy presies weet wat ons voel en dink.

Geboorte

 

 

3 Desember

Matteus 1:21 “Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”
 
Jesus word mens om ons te red. Josef kry die opdrag om die baba die naam Jesus te gee. Sy naam beteken Redder en Verlosser.  Die “magic” is om te mag weet dat Jesus aarde toe kom om ons te red.  Sy naam sê dit. Elke keer as ons Jesus se naam sê, dan sê ons eintlik:  Jesus red!

Aktiwiteit
Laat elkeen hulle naam neerskryf en gesels oor wat elkeen se naam beteken.
 
Gebed
Here Jesus, U ken elkeen van ons se naam. Dankie dat U aarde toe kom om ons te red. 
 
 Your name

2 Desember

Jesaja 7:14 “Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.”
 
Kersfees is magic!  Al die versierings en ligte en opbou na kuier en familietyd en geskenke en saamkuier maak dat dit ‘n magic tyd van die jaar is. Maar Kersfees se dieper “magic” (magic = dit wat ons nie kan verklaar nie, maar wat lewens vereander) lê in God wat onverwags mens word en tussen ons kom woon. God word ‘n mens. Dit maak Kersfees bonatuurlik of gee dit magic! Immanuel beteken tog God by ons.
 
 Aktiwiteit
Hang iewers in die huis kersliggies en laat elkeen sê wat Kersfees vir hulle magic maak of gaan help julle vriende om hulle liggies op te hang en deel die ervaring oor 'n saamkuier.

Gebed
 Here, dankie vir hierdie magic Kerstyd. Dankie dat U mens word en by ons kom bly.

Kersliggies
 


?

1 Desember 


Jesaja 8:23-9:1 “Maar in die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie. Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien, oor die wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn.”
 

In ‘n donker wêreld is Jesus se koms die aanbreek van onverwagse lig. En soos ons sy geboorte vier, mag ons verwag dat Hy ook onverwags lig sal bring in ons lewens.
 
Aktiwiteit
Steek elke dag ‘n kers aan en gesels oor watter sake julle lewens donker maak. Vra vir die Here om vir jou/julle in hierdie Kerstyd nuwe lig te wees en te bring.

Gebed
Here, dankie vir hierdie tyd waar ons nuut wag vir U wat kom. Ons bid vir lig wat U moet bring in donker plekke, harte en lewens.

Kerse 1
 

Advent Kalender 2022

'n Onverwagse Kersfees