Selleiers

Agtergrond

Selgroepe is die hartklop van SA gemeente.  En dis in selgroepe waar mense werklik mekaar se familie word. Veral hier in die UK waar ons as Suid-Afrikaners ver van ons eie families en vriende is. Dit is hier waar ons mekaar ondersteun, geestelik groei, die Bybel bestudeer, vir mekaar sorg en deur ons liefde vir mekaar vir die wêreld wys dat ons Jesus se dissipels is.

 

En vir dit alles om te gebeur, is daar 'n selleier nodig wat bereid is om die verantwoordelikheid te neem vir 'n selgroep. En dit is BAIE belangrik dat selleiers reg toegerus is vir die taak.

 

Ons het al ons recources nou op die website gesit en jy kan daar gaan soek vir nuwe materiaal om in jou selgroep te behandel.  Kliek hier vir die Selbib.