André en Hannien le Roux
André en Hannien deel hulle storie met ons
Hoe lyk dit wanneer ’n Suid-Afrikaanse leraarspaar alles wat bekend en vertroud is, agterlaat en ’n nuwe roeping in ’n vreemde land volg?
André en Hannien vertel vir ons van hulle besondere reis – van hulle lewe en bediening in Suid-Afrika, tot die groot stap om na Nederland te verhuis en uiteindelik daar as sendelinge diensbaar te wees.
’n Reis van geloof, gehoorsaamheid en vertroue. ’n Reis wat nie altyd maklik was nie, maar waarin hulle telkens ontdek het dat God reeds vooruitgaan.
Van ’n bekende gemeente en ’n bekende land, na ’n nuwe kultuur, nuwe mense en ’n nuwe bediening – hulle verhaal gee ’n besondere kykie op wat dit beteken om jou lewe beskikbaar te stel vir God se werk, selfs wanneer die pad onbekend is.
Kom luister saam wanneer André en Hannien hulle verhaal met ons deel – ’n verhaal van roeping, verandering, uitdagings en die Here se getrouheid.