40 Days of Hope


 “Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van wat ons nie sien nie...”  Hebreërs 11:1
 
Week 1: Om te hoop, is om… seker te wees van ons TOEKOMS
Ons weet dat as ons sterf gaan ons hemel toe en in onseker tye is dit nodig om vorentoe te kan kyk en te weet dat Jesus Christus ons toekoms waarborg.
Hebreërs 11:11 “Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is.”
Hebreërs 8:8Kyk, daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit.”
 
“Hope is the audacity of Christians to expect more… what we experience now is not the end, that there is something bigger and better around the next bend in the road.” Yancey
 
Week 2: Om te hoop, is om… VANDAG voluit te leef
‘n Christen wat hoop het leef asof vandag sy laaste dag op aarde is, vanuit die oortuiging dat God vir vandag sal sorg. Dit is hoe Jesus ons ook leer om te bid.
Hebreërs 3:13-14: Maar solank daar nog 'n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie. Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.”
 
Even if by definition hope refers to the future, for the Bible it is rooted in the present, in God’s todayWe are called to live now like we believe the future will be… even if by definition hope refers to the future, for the Bible it is rooted in the present, in God’s today.”  " Tom Wright
 
Week 3: Om te hoop, is om… te weet dat God besig is om te WERK
Ons hoop is in ‘n God wat besig is om te werk. Hy is nie ‘n God wat met hande agter sy rug op ‘n afstand staan nie. Hy is besig om te werk. As Jesus aarde toe kom sê een van die Engelse vertalings “He moved into our neighbourhood.” (Johannes 1:12)
Hebreërs 13:5-6God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie:  wat kan 'n mens aan my doen?”
 
Week 4: Om te hoop, is om… vas te hou aan God se BELOFTES (Hy sal doen wat Hy beloof het)
Om te hoop is die oortuiging dat God sy beloftes gaan hou. Hoop se krag is geleë in God wat getrou is. Jy kan sy woord vat dat Hy gaan doen wat Hy belowe het.
Hebreërs 10:23Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.”
Handelinge 26:6 “En nou staan ek (Paulus) tereg omdat ek my hoop gevestig het op die belofte wat God aan ons voorvaders gemaak het.”
 
Week 5: Om te hoop, is om… te belê in gesonde KONNEKSIES;
Een van die belangrikste ontdekkings as ‘n mens hoop soek, is om te ontdek dat jy nie alleen is nie. Daar is ander saam met jou op hierdie journey. Dit het soveel waarde om na mekaar se stories te luister (“Onthou julle toe…”) en raak te sien hoe God werk. Ons het mekaar nodig.
Hebreërs 12:1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het... laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop.”
              
African proverb: If you want to go fast, go alone. If you want to go far, go together.
 
Week 6: Om te hoop, is om… ons lewens te bou op JESUS!
Dit is wie Jesus was en wat Hy gedoen het, wat die fondament is van ons geloof – dit is Jesus en sy reddingswerk en die volmaakte offer wat Hy gebring het deur sy lyding, dood en opstanding, waarop ons ons lewens en ons hoop kan bou…
Hebreërs 2:9 “Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood...”
 
Hebreërs 4:14 “Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely.”
 
Hebreërs 10:12 “Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit...”
              
NB:  op die einde van die dag is Hoop ‘n Persoon
 

Saam bid en Lees program


Preke