A Brave New World

 

Die verhaal van die Israeliete wat die Beloofde Land intrek vertel van 'n kans om oor te begin.  En dit is wat op die oomblik in ons lewens aan die gang is.

Ons is geleidelik besig om uit die 'lock-down' te kom en ons voor te berei op 'n nuwe manier van leef.  Watter lesse kan ons by die Israeliete leer oor hierdie "Brand new world" waarin ons inbeweeg? Ons moet weet daar is uitdagings op hierdie pad, ons sal moet dapper wees, onsself skoon hou en hulp uit onverwagte bronne aanvaar terwyl die fokus die heeltyd moet wees om aan God alle eer te bring. Oor Kaleb (een van die 12 verkenners) word in die Bybel geskryf dat hy 'n ander gesindheid gehad het, "he followed God passionately" en dis hoe ons moet wees op hierdie nuwe plek en in hierdie nuwe tyd.

 

Bybelstudies

Preke