40 Days of Change copy


The change cycle

Verklaring van Change Cycle:
 

1.    Erken jou probleem:  Ek is in die moeilikheid…                         Voorbeeld van die verlore seun

Dit gebeur gewoonlik op daardie punt in jou lewe as jy weet jy nie so kan aangaan nie en iets moet verander.Die keuses wat jy maak is besig om jouself en die mense rondom jou en jou verhouding met God te vernietig. Sonder hierdie eerlike erkenning kan jy nie begin verander nie.
Vrae om te vra:
Waarmee is jy besig wat jou en ander rondom jou vernietig?
Watter sonde is daar wat jy nog in jou lewe toelaat?
Wat is die dapperste ding wat jy vandag kan doen?
 

2.    Hoekom is dit vir jou moeilik om te change?               Voorbeeld van Petrus wat Jesus verloën

Sonde of verkeerde gedrag en slegte gewoontes is diep gevestig en verander nie maklik nie, selfs nie met ons beste probeerslae nie.  Hoe ons groot geword het, het ‘n vormende invloed op ons lewens.  Jou huidige omstandighede speel ook ‘n rol en hou jou in baie gevalle terug.
Vrae om te vra:
Wat sou gebeur het as ons minder bang was?
Watter negatiewe impak het jou verlede, manier van grootword, ouerhuis op jou lewe/gedrag?
Watter slegte gewoontes/sondes sukkel jy om mee te breek?
 
3.    Vra en vat vergiffenis                                                                          Voorbeeld van Dawid en Batseba
Eerlike en opregte berou het nog altyd ‘n lang pad gegaan by God. Ons sal moet vergiffenis vra by God, en by mense wat ons seergemaak het.Jy sal jouself ook moet vergewe en God se vergiffenis aanvaar – dat sy genade vir jou genoeg is…“You fell, but I got you.”
God is nie in die game van retaliate nie – Hy is soos die verlore seun se pa wat nie kan wag dat ons huis toe kom nie!
Vrae om te vra:
Vra vergiffenis by die Here.Jy kan maar baie spesifiek wees daarin. Bid deur Psalm 51
As daar mense is wat jy seergemaak het, vra ook vir hulle om vergiffenis.
Wat kan jy doen om jou te help om vas te hou aan God se genade?
Wat mis jy van by die huis wees?Hoe kan dit jou help op jou pad terug na God toe?
 
4.    Commit vir die langpad                                                       Voorbeeld van Petrus se Damaskuspad-ervaring
Verandering is nie maklik nie, daar is nie vinnige antwoorde en kortpaaie nie, dit is meer soos saad wat jy saai wat oor tyd opkom.En daar is sekere sake wat ons moet “unlearn”.
Maar ons moet weier om op te gee…versoekings gaan bly kom, kies om dit teen te staan en om aan God gehoorsaam te bly.Die eindpunt van ons journey is nie om morel suiwer te leef nie, maar om naby aan God te wees, te ontdek hoe Hy by ons is en in ons werk en deur ons sy lig laat skyn.
Vrae om te vra:
Watter negatiewe gedragpatrone moet jy unlearn?
Wat kan jy doen om jou verhouding met die Here te verbeter? (Dink prakties)
 
5.    Accountability                                                         Voorbeeld van Jesus wat in die woestyn versoek word
Die mees suksesvolle programme wat mense help om te verander, sêg dat vir lasting change, het ons nodig om accountable gehou te word, ons het mense nodig wat ons gaan help, aanmoedig en challenge.Moenie die rol en krag van die Heilige Gees hierin onderskat nie – God se belofte is dat Hy by ons is.Houvas aan die beloftes in die Woord.
Vrae om te vra:
Wie gaan jou accountable hou?
Aan watter beloftes in die Bybel jy vashou?
Hoe kan jy jouself oopstel aan die Heilige Gees?
 

Bybelstudies

 

Preke