Mondays Matter
Mans het ’n plek nodig waar hulle eerlik kan wees.
’n Plek waar hulle saam met ander mans kan praat, bid en mekaar kan dra.
Die lewe is nie sag nie. Die druk, verantwoordelikhede en verwagtinge op mans raak net al hoe groter — en niemand is gemaak om dit alleen te dra nie. Tog sien ons te veel mans wat moed verloor: in hulle geloof, hulle huwelike, hulle gesinne en hulle plek in die kerk.
Mondays Matter skep ruimte vir iets anders.
’n Ruimte waar mans mekaar help om weer te luister na God, om perspektief te kry, en om die lewe met ’n nuwe gesindheid en geloof aan te pak.
Ons stap hierdie pad saam — eerlik, ondersteunend en gefokus op dit wat regtig saak maak.
Volgende bymekaarkoms
Datum: Elke eerste Maandag van die maand
Tyd: 20:00 UK tyd
Plek: Zoom - https://zoom.us/j/96084381737