Doop of Inseën 

 

By SA Gemeente neem ons die doop van ons kinders baie ernstig op. Ons is ten diepste oortuig dat God vir ons en ons kinders  onvoorwaardelik lief is en juis daarom wil ons baie erns maak met die doop van ons kinders. Die volgende sake is belangrik:
 

  1. Ons doop graag die kinders van lidmate van ons gemeente. Volg die voorgeskryfde prosedures hieronder.
  2. Indien jy nie ‘n lidmaat is by SA Gemeente nie, maar inskakel by ‘n ander plaaslike Gemeente in die VK, benodig ons ‘n toestemmingsbrief van die Gemeente waar jy inskakel dat jy wel jou kind mag doop by SA Gemeente.
  3. Indien jy nie ‘n lidmaat is by SA Gemeente nie en nie by ‘n plaaslike Gemeente inskakel nie, is SA Gemeente steeds bereid om jou kind te doop, maar dan verwag ons dat julle as gesin vir ten minste 3 maande inskakel by SA Gemeente voordat ons die normale proses van doopkategese sal begin.
  4. Ouers moet erns maak met die doop en die doopbeloftes. Op die einde van die dag is dit ‘n belofte aan God en ons as Gemeente moet ouers accountable hou daarvoor.
 

Hier by SA Gemeente Londenwyk

Hier is al die inligting wat jy nodig het om jou baba te laat doop of inseën.

  1. Vul asb. die onderstande vorm in en stuur.  Die inskrywing moet ten minste 6 weke voor die datum gedoen word.
  2. Luister na die preek oor die doop. (kliek hier),
  3. Stuur asb. vir ons 'n foto  van jou baba (ten minste 1MB groot) na ronel@sagemeente.com.
  4. Die doopgesprek is gewoonlik elke 3e Sondag van die maand na die oggenddiens, daar is egter uitsonderings n.a.v die beskikbaarheid van die predikant.  Bevestig net eers met my by ronel@sagemeente.com.
  5. Die gesprek behoort nie langer as 30 minute te duur nie.
  6. Doop dag:  Die doop word van nou af 'live gestream' vir julle familie en vriende wat nie hier kan wees nie.  Julle kan hulle vertel daarvan. Gaan na ons website, hover op 'Preke' en net onder dit is 'Streaming' click dan daarop en die streaming sal wys.


In Suid-Afrika

  1. Vul die onderstande vorm in en stuur.
  2. Luister na die preek oor die doop. (kliek hier),
  3. Die doopgesprek is gewoonlik elke 3e Sondag van die maand na die oggenddiens, maar daar is ook uitsonderings n.a.v die beskikbaarheid van die predikant.  Bevestig watter een julle kan bywoon by ronel@sagemeente.com.
  4. E-pos asb vir my die dominee wat die doop in SA gaan doen se besonderhede asook die kerk se adres, sodat die brief vooraf vir julle opgestel kan word. Julle sal dit dan tydens die doopgesprek kry of via e-pos.


Vul asb onderstande in:

 

Gaan julle inseën of doop in SA Gemeente?

Inseën
Doop

Is julle in 'n selgroep?

Ja
Nee
 

Doop / Inseën Datum: