Vir Jesus het dit gegaan oor change. As Hy begin met sy bediening sê Hy heel eerste:  Bekeer julle. En Hy gebruik ‘n Griekse woord - metanoia wat beteken: a change of thought and attitude which results in a different way of acting, thinking, feeling.
En dan in die bergpredikasie begin Jesus verduidelik hoe lyk hierdie nuwe manier van dink en doen en leef as jy Hom wil volg.
Vir 3 maande gaan ons die Bergpredikasie saamlees. 8 woorde verduidelik die belangrikste beginsels wat Jesus vir ons hier wil leer:
Wie sê – Blessing – Connect – Hart – Woord – Vyande – God – Groot Klippe