SURVIVAL SKILLS – Survive or Thrive?


 

Paulus is in die tronk in isolasie en afsondering en dan skryf hy hierdie brief aan die gemeente in Efese om hulle te help om in die rowwe wêreld van daardie tyd nie net staande te bly in hulle geloof nie, maar om werklik ‘n verskil te maak.  Die volgende paar weke gaan ons die boek Efesiërs saamlees:
 
Week 1 -  Survival 101 – Thanks – Efesiers 1 (1:3 “Aan God kom al die lof toe! Hy het ons in Chritus geseën met al die seëninge van die Gees.”)
Ons leer in Corona tyd om baie meer dit wat ons as van selfsprekend aanvaar, te waardeer en voor dankbaar te wees…
Waarvoor kan jy vandag vir die Here dankie sê?
 
Week 2 - Survival 201 – Connect – Efesiers 2 (2:13 “Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus.” 2:18 “Deur Hom het ons almal vrye toegang tot die Vader.”) 
Sonder konneksie het ons nie ‘n kans nie.  Ons sien in hierdie tyd hoe nodig het ons mense. Ook ons kenneksie met God is ‘n lewens-aar waarsonder ons nie gaan oorleef nie...
Watter waarde het jy in die tyd gekry uit jou kontak met ander mense?
Wat het jou kontk met God in jou lewe gedoen?
Hoe kan julle beide verdiep?
           
Week 3 - Survival 301 - Love (back to life) - Efesiers 3, 5 (3:17 “Ek bid dat Christus in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.” 5:1-2 “Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde...”) 
Die Bybel leer ons dat ware liefde verdryf vrees. Jesus se hele lewe en alles wat Hy vir ons doen is gemotiveer uit sy liefde vir ons – omdat Hy secure was in sy Vader se liefde vir Hom. Ons liefde vir God en ander kan ons help om meer as te oorleef.
Hoe kan ons in die isoalsie-tyd steeds vir mense in ons huis en buite ons huis ons liefde vir die Here en vir mense uitleef?
 
Week 4 Survival 401 - Give (to live) – Efesiers 4, 5 (4:22-23 “Hou dan op om te leef soos julle vroeër geleef het.... Julle gees en gedagtes moet nuut word.”  5:8 “Leef as mense van die lig.”) 
Ons moet heeltemal anders leef.  Hierdie tyd moet ons uitdaag om te change. 
Hoe kan jy minder selfsugtig wees?
Watter sake sal jy graag anders wil hê na die isolasie-tyd en hoe gaan jy dit regkry?
 
Week 5 – Survival 501 – Stand – Efesiers 6 (6:10-11 “Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly...”)
Ons moet nie net survive nie, ons moet thrive. Daar is ‘n stryd besig om plaas te vind vir ons siele. Paulus gee praktiese raad hoe ons in die stryd teen die bose kan oorwin.
Watter van hierdie sake help jou die meeste?
Hoe maak ons elkeen van hierdie saak prakties vir vandag?
 

Bybelstudies

 

Preke