HashtagJesusweb


Hoe gebeur dit dat volgelinge van Jesus so ver op-eindig van wat Jesus leer en lewe?  Die enigste manier om ons godsdiens en geloof te meet is aan die mate wat Jesus se leer en lewe jou vorm.  En hiervoor moet ons harde vrae eerlik kan antwoord:  Wie is Jesus vir jou? Wat glo jy van Hom?  Watter teachings van Jesus vorm jou verstaan van kerkwees, van getuies wees, jou hantering van mense, die keuses wat jy maak?  As jy sê jy volg Jesus, hoekom doen jy dit?

Met lydenstyd het ons die geleentheid om weer te gaan kyk na wie Jesus was en wat Hy kom doen het, sodat ons Hom weer kan volg!


Preke

#Jesus - Week 4
#Jesus - Week 4
#Jesus - Week 4
Rian Steyn
15/04/2018
#Jesus - Week 3
#Jesus - Week 3
Guest preacher Johnny Hodges from Birmingham speaks further on the topic of following Jesus, the next sermon in our #Jesus series.
Johnny Hodges
08/04/2018
Goeie Vrydag boodskap
Goeie Vrydag boodskap
'n Spesiale boodskap vanuit die pastorie op Goeie Vrydag. Rian kom vestig opnuut weer ons fokus op die Kruis. Op dit wat Jesus se einddoel was op Aarde - om in ons plek te kom sterf en ons vry te maak van sonde, sodat ons in oorwinning kan leef.
Rian Steyn
30/03/2018
#Jesus - Week 2
#Jesus - Week 2
Wie is Jesus? “Hy is die Lig vir die wêreld. Wie Hom volg sal nooit in duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Joh 8:12. Hoekom glo jy Jesus en hoekom volg jy Jesus? Niks is belangriker as jou antwoord op hierdie vraag nie. Jesus se belofte is om ons uit duisternis uit te lei en lig te bring in ons lewens. Dit gee lewe. En ons volg Jesus om hiervan te getuig!
Rian Steyn
25/03/2018
#Jesus - Week1
#Jesus - Week1
As Johannes die Doper vir Jesus sien, dan sê hy in Johannes 1:29 “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.” Wie was Jesus? Die Lam wat geslag moes word, sodat ons vry kan word. Hy sterf om ons sonde weg te neem, om volledig daarvoor te betaal. Om Jesus te volg beteken dat jy glo dat Hy jou sonde wegneem. En sy uitnodiging is: “Kom saam, dan sal julle sien!” – of in ander woorde: “Volg My!” - Joh 1:39
Rian Steyn
18/03/2018
RSS Feed for latest group media