Die boek Rigters vertel die aangrypende verhale van doodgewone mense wat God kragdadig gebruik. Met hierdie reeks kyk ons na ‘n paar van hierdie verhale: die storie van die bangbroek Gideon wat ‘n dapper held word, Jefta die kind van ‘n prostituut, wat gedink het dat hy nie goed genoeg is nie en tog word hy Israel se leier en dan Simson, wie se onbekende ma sy lewe vorm. God gebruik hom kragtig, maar hy misbruik sy gawes en geleenthede en verloor op die einde van die dag alles! Hierdie verhale is so eg menslik dat ons onsself soms in elke karakter kan raak lees en die ontdekkiing mag maak dat die Here ook ons kragdadig wil gebruik, maak nie saak wie ons is en hoe ons oor onsself dink en voel en selfs watter foute ons maak nie!
Preke