Padlangs Campaign 2014

1 Al met die pad langs; sonder om van die pad af te wyk
2 Reguit, sonder omweë, eerlik, eerlik handel, reguit praat, geen doekies omdraai nie, iemand reguit sê hoe sake staan, onomwonde die waarheid praat
 
Ons campaign vir 2014 uit die boek Eksodus - PADLANGS – wil die fokus plaas op ons daaglikse lewe agter die Here aan. Dit handel oor ‘n geestelike reis elke dag saam met die Here binne die situasie waarin elkeen van ons ons nou bevind!  Ons is nou hier... maar ons is hier ook elke dag op reis saam met die Here! En daarvoor het ons nodig om padlangs te kan praat.
3 sake wat ons duidelik in ons gesprekke in gedagte moet hou, is:
  • Ons is ons hele lewe lank op reis is en gaan eintlik nooit op aarde arriveer nie;
  • Die boek Eksodus handel oor die saak van bevryding uit slawerny. Almal het bevryding die heeltyd nodig;
  • Israel se identiteit word gevorm op hierdie pad agter die Here aan deur die woestyn. Net so wil die Here ons identiteit vorm soos ons agter Hom aan leef.
Ons campaign geskied vanaf Sondag 19 Januarie vir 6 weke. 
  • As jy nog nie by ‘n kleingroep ingeskakel het nie, bied ons campaign vir jou die ideale geleentheid. Kleingroepe gaan weekliks bymekaar kom om die tema van elke Sondag te bespreek. Kliek hier om in te skakel.
  • Ons wil elke lidmaat uitdaag om vanaf Maandag 20 Januarie elke dag 1 hoofstuk van Eksodus te lees vir 40 dae (Eksodus het 40 hoofstukke!)
  • Like ons Facebook bladsy en bly deel van die Padlangs-gesprek! 
Week 1: KRUISPAD: God roep ons waar ons is – maak nie saak watter verskonings ons het nie - Ex 3-4
Week 2: ELKE REIS HET SY PRYS – bargains is duur koop, kan jou lewe kos - Ex 4-5, (7-11) 12
Week 3: MEDE-REISIGERS: Ander stap hierdie pad saam met ons – anders gaan ons verdwaal - Ex 4, 17 
Week 4: PADKOS: Sonder God verdrink ons – of gaan ons van honger of dors dood -  Ex 14, 16, 17 
Week 5: REISPLAN: Elke dag staan ons voor die berg – maar dit bepaal ons toekoms - Ex 19, 20 
Week 6: REIS-VERSEKERING: God weet waar ons is – maak nie saak hoe dit daar lyk nie -  Ex 1-2, 33
 
Preke

Padlangs Week6 (audio)
Padlangs Week6 (audio)
Op Israel se reis deur die woestyn, wil Moses weet of dinge sal reg uitwerk! Dit is amper asof hy besig is om reisversekering uit te neem! Die Here gee vir Moses die volgende versekering: Dat Hy self sal saamreis (v 14) – ons hoef na alleen te reis nie! Moses doen moeite om tyd met God deur te bring en hierdie ontmoeting gee vir hom verdere sekerheid (v 11) – dit is waarin sy verhouding met God gevestig staan. As Moses God wil sien, wys God sy rug vir Moses (v 23), want dit is in ons agter-die-Here –aanloop
Rian Steyn
23/02/2014
Padlangs Week6

Padlangs Week5 (audio)
Padlangs Week5 (audio)
Die heel belangrikste wat ons van God moet weet, is dat Hy ’n God is wat bevry, verlos. Hy het Israel bevry en gered uit Egipte en Hy gee die 10 gebooie om hulle (en ons) te help om vry te bly... om te keer dat iets anders hulle weer slawe maak. God se plan was om ‘n nasie van slawe ‘n total nuwe identiteit te gee – Hy wil hulle ‘n koninkryk van priesters maak – mense wat vir ander leef, dit vir ander maklik maak om God te leer ken en by God uit te kom.
Rian Steyn
16/02/2014
Padlangs Week5

Padlangs Week4 (audio)
Padlangs Week4 (audio)
Die hoogtepunt van die Eksodusverhaal is die deurtog deur die Rooi See. Uiteindelik is die Israeliete vry, maar hulle moes leer dat dit gaan tyd vat om werklik in hulle lewens grond te vat, omdat al is jy vry, word jy elke dag uitgedaag om te kies om in vryheid te leef. Israel moes leer om God te vertrou vir water en kos – elke dag. Dit is dieselfde God wat hulle deur die see laat trek (Eks 14:13-14) het en nou vir hulle sorg. God maak nie net vry nie. Hy sal elke dag vir ons sorg!
Rian Steyn
09/02/2014
Padlangs Week4

Padlangs Week3
Padlangs Week3
Ander stap hierdie pad saam met ons – anders gaan ons verdwaal - Eksodus 4:10-17, 17:8-16 Hierdie gedeelte gaan nie oor Moses nie, eerder oor Aaron en hoe hy vir Moses ondersteun en help. Ons het mense op ons pad nodig om ons te help, en ons moet vir ander help.
Rian Steyn
02/02/2014
Padlangs Week3 (audio)
Padlangs Week3 (audio)
PADLANGS 3: Ander stap hierdie pad saam met ons – anders gaan ons verdwaal - Eksodus 4:10-17, 17:8-16 Hierdie gedeelte gaan nie oor Moses nie, eerder oor Aaron en hoe hy vir Moses ondersteun en help. Ons het mense op ons pad nodig om ons te help, en ons moet vir ander help.
Rian Steyn
02/02/2014
Padlangs Week2
Padlangs Week2
In week 2 van Padlangs was die tema: Elke reis het sy prys. Ons moet eerlik 2 vrae vir onsself antwoord: 1) Watter prys is jy bereid om te betaal om te wys dat jy volledig aan God toegewy is? 2) Is jy bereid om aan die Here toegewy te bly al loop alles verkeerd? Ons keuses het altyd gevolge.
Rian Steyn
26/01/2014
Padlangs Week2 (audio)

Padlangs Week1
Padlangs Week1
As God Moses roep, ontdek hy dat God Hom reeds lankal ken en alles van hom weet – en dit skrik God nie af nie! Hierdie roepingsverhaal bring Moses by ‘n kruispad. Om hierdie God ernstig te neem is die enigste pad van bevryding uit slawerny vir hom en sy mense. Soos Moses het ons allerhande verskoning hoekom ons nie God wil vertrou en agter Hom aan leef nie – asof ons beter weet. Maar dit is ons enigste kans om vry te word!
Rian Steyn
19/01/2014
Padlangs Week1 (audio)

RSS Feed for latest group media

(Indien bogenoemde videos te lank buffer voor dit begin speel, kan jy altyd op ons  iTunes podcast dit gaan kyk)

Selleier Hulpmiddels

Alle video material waarna verwys word in die bybelstudies, kan verkry word op ons Youtube Channel
 Recent Media Uploads 
Padlangs Bybelstudie1
Padlangs Bybelstudie2
Padlangs Bybelstudie3
Padlangs Bybelstudie4
Padlangs Bybelstudie5
Padlangs Bybelstudie6