KruispadSlide

Die boek Openbaringe is vir ons almal ‘n vreemde en moeilike boek en daarom lees ons dit swaar.  Maar dit is geskryf vir die kerk wat in ‘n baie moeilike tyd wou oorleef, ‘n Kerk by die Kruispad. Openbaringe vertel van aangrypende visoene en vreemde drome om ons te help om raak te sien dat ons binne moeilike omstandighede en ‘n harde wêreld kan ontdek dat ons toekoms in God se hande is, dat God steeds in beheer is en dat Hy ‘n plan het. Sy plan sluit volledig die kerk in, elke gemeente, ook ons in SA Gemeente in London is deel van God se plan.

As ‘n mens Openbaringe lees, dan ontdek ‘n mens daarin niks nuuts wat die Bybel nie alreeds  iewers anders sê nie.  Die waarheid van die evangelie is reeds volledig in Jesus Christus en sy lewe, sterwe en opstanding. Openbaringe vertel dit net vir ons op ‘n nuwe manier wat ons opnuut wil aangryp en aanspoor en aanmoedig om te bly glo, in ons geloof te bly volhard en as kerk ‘n verskil te maak, omdat ons weet wie is in beheer!
 
Preek Opnames

Kerk by 'n Kruispad - Week 9
Kerk by 'n Kruispad - Week 9
Die boek Openbaring maak klaar by ‘n feesmaal (19:5-9) en by ‘n bruilofsfees (21:1-7). Katastrofe en chaos is nie die laaste woord in die Bybel nie – en nooit die laaste woord vir ‘n gelowige of ‘n kerk by ‘n kruispad nie. God se plan met die wêreld en met elke mense is redding en verlossing. Hy stuur sy Seun aarde toe om vir ons sondes te sterf, maar op die laaste bladsye van die Bybel sê Jesus 3 maal: “Kyk, Ek kom gou!” Jesus is oppad terug om ons as sy bruid te neem!
Rian Steyn
19/03/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 8
Kerk by 'n Kruispad - Week 8
Openbaring wil ons leer dat God finaal die satan gaan verslaan. Jesus het aan die kruis die duiwel en die dood oorwin, en die finale oorwinning is gewaarborg. Tog weet ons dat die duiwel aktief besig is om ons te versoek en lewens te vernietig. Jesus leer ons bid in die Onse Vader: "Verlos ons van die bose...". Hy is self deur die duiwel versoek. Maar, ons weet dat die duiwel klaar verslaan is, en dat God die finale oorwinning gaan behaal - Openbaring 17:14. God sit klaar op die troon!
Rian Steyn
12/03/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 7
Kerk by 'n Kruispad - Week 7
Is jy gereed vir die oordeelsdag? Is jy opgewonde daaroor of bang daarvoor? Kan dit maar vandag wees? 'n Groot deel van die boek Openbaring gaan oor God se finale oordeel en of ons daarvan hou of nie, daaroor wil praat of nie, gemaklik is daarmee of nie - dit gaan definitief kom. God gaan die wêreld en vir elkeen van ons oordeel en ons staan by daardie kruispad.
Rian Steyn
05/03/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 6
Kerk by 'n Kruispad - Week 6
Openbaring 6 en 7 vertel van die oopmaak van die 7 seëls. Die punt van die hele gedeelte is dat eers as die 7 seëls oopgemaak is, sal ons werklik weet wat die toekoms inhou. Seëls 2-6 wil vertel van allerhande soorte swaarkry en verdrukking,en net as mens wil opgee of moedeloos word, sien Johannes 144000 gelowiges wat bly staan in hulle gloof tsv al die swaar. Die eerste seël sê sommer in die begin dat Jesus klaar die oorwinnaarskroon dra, maak nie saak wat nog moet kom nie! Die laaste seël sê dat God ons
Rian Steyn
26/02/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 5
Kerk by 'n Kruispad - Week 5
Openbaring 4 en 5 neem Johannes in God se troonsaal in. Dit is opwindend om te sien dat die deur na die hemel toe oop is (4:1). En keer op keer is die reaksie om God te loof en te prys, te worship. Worship help ons om te onthou dat ons God op die troon sit en heers (4:2), dat ons nooit alleen is nie, dat Jesus ons lewens en toekoms in sy hande vashou en daarom kan ons sing.
Rian Steyn
19/02/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 4
Kerk by 'n Kruispad - Week 4
Ons backslide almal. Daar is tye in ons almal se lewens waar ons ver van die Here af is. Johannes skryf oor die 7 gemeentes dieselfde. En daarvoor het ons almal ‘n verandering/metanoia/bekering nodig. Maar Johannes is ook opgewonde oor die commitment van hierdie gemeentes. Geloof speel meestal af tussen hierdie 2 pole: tye van commitment en tye van afsydigheid. Sy uitdaging vir die gemeentes is dat hulle nie moet opgee nie, want die Here gee nie op op ons nie – “Hy staan by die deur en Hy klop…"
Rian Steyn
12/02/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 4 (audio)

Kerk by 'n Kruispad - Week 3 (audio)
Kerk by 'n Kruispad - Week 3 (audio)
Enige kerk of gemeente by ‘n kruispad moet ontdek dat die Here by sy kerk is. Die kerk is vir die Here belangrik. Elke gemeente is vir die Here belangrik. In die briewe aan die 7 gemeentes (Openb 2 en 3) is dit baie duidelik dat hierdie gemeentes nie volmaak is nie. Elkeen het foute, worstel met sekere sake, en moet verander - en die Here om hulle uit te daag.Die Here is nog nie klaar met sy kerk en met elkeen van ons nie. Elkeen het kerk nodig om ons te help om te bly glo, ons het almal nodig om connected
Rian Steyn
05/02/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 3

Kerk by 'n Kruispad - Week 2
Kerk by 'n Kruispad - Week 2
Woorde skep. Dit bring lewe of maak dood. Met woorde bou ons op of breek ons af. Die Bybel skep ook. Dit is God se Woord. Dit is God se woorde waarmee Hy lewe wil bring, waarmee Hy wil vorm, opbou en nuut maak. Openbaring 1:8 sê dat Jesus die “een is wat was en is en wat kom... die Alfa en die Omega... die Eerste en die Laaste...” Hy skep hemel en aarde met woorde. Elke keer as ek die Bybel lees, wil God daarmee in my skep, iets nuut in my doen. Hy wil my ‘n nuwe mens maak deur sy Woord en woorde. Hou aan
Rian Steyn
29/01/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 2 (audio)

Kerk by 'n Kruispad - Week 1 (audio)
Kerk by 'n Kruispad - Week 1 (audio)
Die boek Openbaring is geskryf vir die kerk en gelowiges om hulle te help om te oorleef in baie moeilike omstandighede – hulle is vervolg, polities en ekonomies uitgeskuif en selfs doodgemaak as gevolg van hulle geloof in Jesus Christus. Hulle was by ‘n kruispad en die groot vraag was of dit nog vir hulle die moeite werd is om te bly glo. Johannes plaas die fokus aan die begin van die boek op Jesus. Niks is belangriker as ons verhouding met Hom nie. Die uitdaging is om te sorg dat ons verhouding met hierdi
Rian Steyn
22/01/2017
Kerk by 'n Kruispad - Week 1

RSS Feed for latest group media

(Indien bogenoemde videos te lank buffer voor dit begin speel, kan jy altyd op ons  iTunes podcast dit gaan kyk) 

Selleier Hulpmiddels

Kerk by Kruispad - Bybelstudie week 6
Kerk by 'n Kruispad - Bybelstudie Week 1
Kerk by 'n Kruispad - Bybelstudie Week 2
Kerk by 'n Kruispad - Bybelstudie Week 3
Kerk by 'n Kruispad - Bybelstudie Week 4
Kerk by 'n Kruispad - Bybelstudie Week 5
Kerk by 'n Kruispad - Bybelstudie Week 7