Preke

Leef jou Roeping 8 (audio)
Leef jou Roeping 8 (audio)
Die opdrag om getuies te wees staan in die kern van Christenskap. Jesus verklaar in Joh 17 dat soos God Hom stuur, stuur Hy ons. In Gen 12, as God Abraham roep is die opdrag om tot seën van al die nasies te wees. Ons word uitgestuur om vir mense ‘n blessing te wees. Dit is net moontlik as ons aan die Here toegewyd is (Joh 17:17-19). Dit is ons commitment aan Jesus wat dit moontlik maak om ander deur ons lewens te bless.
Rian Steyn
29/03/2015
Leef jou Roeping 8

Leef jou Roeping 7 (audio)
Leef jou Roeping 7 (audio)
Jesus roep ons in Markus 8:27-38 om Hom te volg deur ons kruise te dra. Kruis dra is nie vir ons maklik nie, want gewoonlik veroorsaak swaarkry en lyding en opoffering eerder meer vra en onsekerheid by ons. Vir min van ons is dit ‘n bevestiging van ons geloof en ons dissipelskap. Ons is in goeie geselskap, want selfs Petrus sien nie kans hiervoor nie!
Rian Steyn
22/03/2015
Leef jou Roeping 7

Leef jou Roeping 6 (audio)
Leef jou Roeping 6 (audio)
Jesus roep ons in Johannes 13 om te dien soos Hy gedien het. Maar as ons nie eers lief is vir mense nie, is dit baie moeilik om te dien – Joh 13:35. Dit is juis in hoe ons vir ander lief is en dien dat ‘n wêreld gaan weet dat ons die Here dien en sy dissipels is.
Rian Steyn
15/03/2015
Leef jou Roeping 6

Leef jou Roeping 5 (audio)
Leef jou Roeping 5 (audio)
As Jesus sy eerste dissipels roep, nooi Hy hulle uit in Johannes 1:39 “Kom saam dan sal julle sien…” As ons Jesus se dissipels wil wees, moet ons Hom volg, tyd saam met Hom deurbring. Dit is hoe jy Hom leer ken, hoe jy gaan weet of dit waar is en hoe jy ‘n verskil in mense se lewens kan maak.
Rian Steyn
08/03/2015
Leef jou Roeping 5

Leef jou Roeping 4 (audio)
Leef jou Roeping 4 (audio)
God roep Hosea met ‘n ander opdrag. Hy moes met ‘n prostituut trou, wat keer op keer wegloop en kinders by ander mans kry, en keer op keer neem Hosea haar terug. Dit is hierdie God wat ons ook roep. God is lief vir ons – en Hy gaan my weer en weer kom haal, gaan aanhou om my te soek. EN: dit word die maastaf hoe ek ander moet hanteer: Hosea tree op teenoor Gomer, soos God optree teenoor ons – dit is hoe ons moet optree... Dit sal altyd die hart bly van Christenskap, van ons geloof.
Rian Steyn
01/03/2015
Leef jou Roeping 4
Leef jou Roeping 4
God roep Hosea met ‘n ander opdrag. Hy moes met ‘n prostituut trou, wat keer op keer wegloop en kinders by ander mans kry, en keer op keer neem Hosea haar terug. Dit is hierdie God wat ons ook roep. God is lief vir ons – en Hy gaan my weer en weer kom haal, gaan aanhou om my te soek. EN: dit word die maastaf hoe ek ander moet hanteer: Hosea tree op teenoor Gomer, soos God optree teenoor ons – dit is hoe ons moet optree... Dit sal altyd die hart bly van Christenskap, van ons geloof
Rian Steyn
01/03/2015
Leef jou Roeping 3
Leef jou Roeping 3
As God Jeremia roep verklaar Hy dat voordat Jeremia al gebore is, het Hy ‘n plan met sy lewe gehad. Ons mag dit glo oor ons eie lewens – God het ‘n spesifieke plan en roeping met elkeen van ons! Hierdie plan van God staan voor enige iets anders wat al met ons geebur het of vir ons voorlê.
Rian Steyn
15/02/2015
Leef jou Roeping 3 (audio)

Leef jou Roeping 2
Leef jou Roeping 2
Esegiël word geroep in ‘n tyd toe dit wou lyk of alles verkeerd loop vir God se mense. Israel is in ballingskap, hul toekoms is vernietig, hulle planne werk nie uit nie... en dit wou amper nie lyk of die feit dat hulle God dien enigsins tot hulle voordeel is nie, want hulle sien en ervaar nie dat God kragtig werk en ingryp nie. Maar God roep Esegiël in ‘n visoen. Esegiël moes eers ontdek hoe groot en magtig hierdie God is, voordat hy by sy roeping kon uitkom. Hierdie God werk vandag nog deur sy Gees en sy
Rian Steyn
08/02/2015
Leef jou Roeping 2 (audio)

Leef jou Roeping 1
Leef jou Roeping 1
God roep elkeen van ons. Maar hierdie roeping het nie in die eerste plek baie te doen met wie en hoe ons is en wil wees nie – dit gaan in die eerste plek oor hoe en wie God is. In Jesaja 6, die roepingsverhaal van Jesaja, is die eerste wat ons hoor hoe engele God se heiligheid besing – v 3. Om by ons roeping uit te kom, sal ons moet rekening hou met hierdie heilige God, wat heers en regeer en koning wil wees in ons lewens. Dit het ‘n magtige impak op Jesaja, wat die koers van sy lewe verander.
Rian Steyn
01/02/2015
Leef jou Roeping 1 (audio)

RSS Feed for latest group media

(Indien videos te lank buffer voor dit begin speel, kan jy altyd op ons  iTunes podcast dit gaan kyk)

Selleier Hulpmiddels

Preeknotas