Ek is Nuut

 

Baie welkom!

 
Of jy nou nuut is in Londen, en of jy nou al vir jare lank hier bly, ons hoop ons kan al jou vrae beantwoord oor wie en wat ons is, en waarin ons glo. Hieronder is 'n paar sleutelpunte wat jou kan help daarmee, en indien jy nog enige ander vrae het, kontak ons gerus direk deur ons Kontak Ons bladsy.
 

Wanneer & waar is ons eredienste?


Ons hou elke Sondag oggend diens om 09:30am in die City Temple kerkgebou. Die naaste stasie is Chancery Lane op die Central Line.  Indien jy met jou kar inkom, maak maar seker jy arriveer so 10min vroeër om seker te maak jy kry parkering voor die diens begin.

Ons byeenkomste is binne die Lower Hall van City Temple en die adres is:

49-51 Shoe Lane
London
EC4A 3BL
 

Wat kan ek verwag as ek daar aankom?


Tydens jou aankoms by City Temple se deure, sal ons Verwelkoming Span jou hartlik welkom heet en presies vir jou verduidelik hoe en waar om te gaan. Hulle sal ook gereed wees om enige vrae wat jy het te beantwoord.
Sodra jy by die Lower Hall instap,  sal ons Gasvryheid Span reg staan by die koffietafel om jou te bedien met koffie of tee voor die diens begin. Die eerste 30 min van die erediens word afgestaan aan 'praise & worship' (liedjies sing) en voorbidding vir enige gebedsversoeke wat die week ingekom het. Dit word gevolg deur die boodskap (+/- 30min) uit die Bybel wat gebring word deur ons leraar Rian Steyn.

Aan die einde van preek sal die geleentheid gebied word om kollekte op te neem en afkondigings aan te kondig.

Nadat Rian die seën uitgespreek het, is dit gewoonte dat die mans help om al die stoele net weer op te pak en weg te bêre om plek te maak vir kuier na die tyd. Koffie, tee en koekies sal dan bedien word waartydens ons dan lekker saamkuier. 
 

Is daar 'n spesifieke 'dresscode'?


Glad nie!!! Wees net jouself en dra die klere waarin jy gemaklik voel.
 

Is daar enige kinderdiens fasiliteite?


Definitief! Ons het fasiliteite vir kinders van alle ouderdomme. Ons verskaf 'n oppasdiens en moederskamer vir kinders 0-2jr. Kleuterkerk vir 2-5 jariges en kinderkerk vir 6-10jr.  Junior en senior Sondagskool word aangebied vir die ouer kinders. Vra gerus vir ons Verwelkoming Span vir meer inligting hieroor wanneer jy by die gebou aankom, of gaan loer na ons Kids Bediening bladsy.

Die veiligheid van ons kinders is ons eerste prioriteit, en daarom word alle oppassers op ons Kids Bediening ge-CRB check. Click hier vir meer inligting daaroor.
 

Kan ek engels-sprekende vriende saamnooi?


Inderdaad! Al ons dienste is wel in Afrikaans, maar ons het 'n Vertaling Span wat die hele diens vertaal na engels. So engels-sprekende gaste kan by die deure oorfone optel waarmee hulle dan die diens in engels kan luister. Ons poog ook om 50% Afrikaans, en 50% engelse liedjies te sing tydens 'praise & worship' om almal te behartig.
 

Sal ek by die kerk moet aansluit?


Geensins!!

Voel vry om net te sit en waar te neem. Jy kan soveel deelneem soos wat dit vir jou gemaklik voel.