ref500

“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God…” – Efesiërs 2:8 (Nuwe vertaling)
“For by grace are you saved through faith; and that not of yourselves; it’s a gift of God…” – Ephesians 2:8 (KJV)
 
Die kerk en elke gelowige het gereeld nodig om seker te maak dat ons seker is van wat ons glo of in ander woorde, dat ons verhouding met die Here gesond is!  So maklik skuif ons Christus en Geloof en die Woord uit die kern van ons godsdiens uit, dink ons dat ‘n goeie en voorbeeldige lewe ons kan red en leef ons net vir onsself en word die verhouding wat ons met die Here kan hê al hoe minder belangrik. Dan is die kerk en ons geloof in die moeilikheid!

500 jaar gelede  was die kerk op daardie punt! 

Op 31 Oktober 1517 staan Martin Luther op teen die misbruike in die kerk van sy tyd. Dit was die begin die groot Kerkhervorming of Reformasie, wat ook die geboorte was van die Protestantse kerk, waarvan ons kerk deel is. Met die reformasie is daar klem geplaas op 5 kern sake (die 5 “solas” – Latyns vir alleen) wat ook elke keer ‘n reaksie was teen misbruike in die kerk van hul tyd. Die 5 sake wat hulle nuut wou beklemtoon, was:

 

  • Genade is verniet (sola Gratia)– dit is ‘n vrye gawe uit God se hand, ek kan dit nie koop nie – No rules but Grace
  • Geloof alleen red (sola Fidei)– nie ons harde en goeie werk nie – No work but Faith
  • Net Christus maak vry – (solus Christos) – Hy is die enigste weg na die Vader – No one but Jesus
  • God se Woord leer ons die pad van redding – (sola Scriptura) – ons kan God en sy pad van redding uit die Woord leer ken – No word but thy Word
  • Aan God al die eer – (sola Gratia) – ons hele lewe draai daarom om aan God die eer te gee – No silence just Worship 


Elkeen van ons, asook ons as Gemeente en kerk het nodig om gereeld na ons eie verhouding met die Here deur hierdie brille te kyk en te vra:  Waarop bou ons ons geloof en waar lê ons sekuriteit? Niks is meer belangriker as dit nie!
 
In September en Oktober hierdie jaar gaan ons as SA Gemeente elke Sondag saam na hierdie 5 “solas” kyk en ook verder daaroor gesels in ons kleingroepe.

Op Sondag 29 Oktober het ons hele gemeente ‘n gesamentlike Reformasierediens in Londenwyk, City Tempel.
 
“Faith is a living, daring confidence in God’s grace, so sure and certain that a man could stake his life on it a thousand times.”  Martin Luther (1483-1546)

 

Selgroep Materiaal

 
Luther - the movie
Luther - the movie
During the early 16th Century idealistic German monk Martin Luther, disgusted by the materialism in the church, begins the dialogue that will lead to the Protestant Reformation - Starring Joseph Fiennes, Bruno Ganz, Peter Ustinov. 2003
Luther
Bybelstudies
Reformasie 500 - Bybelstudie Week 5 (330.0KB)
Reformasie 500 - Bybelstudie Week 4 (369.1KB)
Reformasie 500 - Bybelstudie Week 3 (565.2KB)
Reformasie 500 - Bybelstudie Week 2 (569.6KB)
Reformasie 500 - Bybelstudie Week 1 (615.0KB)

Videos

 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Preek Opnames


Reformasie 500 - Week 1
Reformasie 500 - Week 1
Redding is uit genade uit… dit is ‘n gawe (geskenk) van God. Niemand van ons het enige iets waarop ons kan trots wees of roem nie. (Efesiërs 2:8, 9) Dit beteken eintlik dat ons nie deur enige goeie werk of voorbeeldige lewe onsself kan red nie. Omdat God vir ons lief is, stuur Hy vir Jesus wat vir ons sondes sterf! (John 3:16). Hierdie ou waarheid beklemtoon opnuut dat dit net God se liefde vir ons is wat geloof en kerkwees moontlik maak.
Rian Steyn
01/10/2017