Dankoffer 

Donate


Die gemeente is afhanklik van die finansiële ondersteuning van lidmate om die werk van die Here hier op aarde voort te sit.

"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." - 2 Kor 9:7


Die kerk is 'n "registered charity" in die VK (charity number: 1151071). Kliek hier vir meer info op die Charity Commission se website.  Die kerk is ook geregistreer vir Gift-Aid. Dit beteken dat die kerk die belasting wat jy op jou dankoffer betaal het, kan terug eis van die Britse Regering. (teen geen koste vir die persoon).

Jy kan die Gift-Aid vorm hier download. Voltooi dit en stuur dit aan die kerk se tesourier bank@sagemeente.com:
 

 

Daar is verskeie maniere om 'n bydrae te maak:

 

1. In die kollektebord

Vul asb 'n Gift Aid koevert in en sit jou dankoffer in die koevert in die kollektebord by 'n diens.

 

2. Direct Debit

'n Ander maklike manier is om 'n Direct debit op jou rekening op te stel. 
 

3. Direkte inbetaling in die gemeente se bankrekening

Direkte inbetalings kan gemaak word vir Dankoffers asook ander redes soos Gemeentekampe, Gemeente Aksies ens.


Die bank besonderhede:
HSBC
Account name: SA Congregation
Sort code: 40-22-05
Rekening nommer: 91374265


Stuur asb 'n epos aan die kerk se tesourier, Marlene, by bank@sagemeente.com en spesifiseer:

  • die bedrag
  • die rede vir inbetaling (bv Dankoffer, Gemeentekamp, Dankfees ens)
  • jou geboortedatum & doopnaam (slegs nodig indien jy in die UK tax betaal en ons gift-aid mag terug eis)
  • jou huidige adres in die UK (slegs nodig indien jy in die UK tax betaal en ons gift-aid mag terug eis)
 

4. e-Dankoffers


Selfoon SMS is 'n vinnige en maklike manier om jou dankoffer te betaal. 

Londenwyk:
Bedrag van £5  na 70970 die text kode is RSAG001
Bedrag van £10 na 70191 die text kode is RSAG001

Jy kan ook deur Paypal betaal by: Paypal.me/SAGemeente
Sit net 'n beskrywing in die nota sodat ons weet waarvoor dit is.  Sê ook vir watter wyk dit is.

Kontak ons gerus op bank@sagemeente.com vir enige navrae.