Gemeentebrief
April 2024 (week 3)

“Daarom sal elkeen wat na my woorde luister
en daarvolgens handel, soos 'n verstandige man wees
wat sy huis op rots gebou het.
Matteus 7:24
 
“How can I learn not to get so caught up in the complexities
of the day-to-day that I keep losing my sense of connectedness
with this depth, this fire, which alone is ultimately real?
James Finley


Die bergpredikasie maak klaar met die storie van huisbou. Jesus se punt is dat elkeen besig is om te bou. Hoe bou jy, of eintlik meer, waar bou jy? Dit wil amper klink of die waar belangriker is, want die vraag wat Jesus indirek vra is: Bou jy op klip of op sand?  As jy slim is en iets verstaan van bou, sal jy weet jy moet op klip bou, jy het nie ’n keuse nie en tog bou baie nie op klip nie.
Die ander vraag wat Jesus dan indirek vra is: Hoe stupid kan jy wees? (Daar staan nie stupid in die teks nie. Jesus sê dwaas of onverstandig of nie wys nie, wat eintlik maar stupid beteken…)
So aan die einde van alles wat Jesus sy dissipels leer, sê Hy:  As jy jou nie hieraan gaan steur, en jou huis (lewe) hierop bou nie, en hierdie beginsels jou fondamente maak nie, is jy eintlik maar stupid.
Want.
Of, WANT:
Daar is ’n storm oppad en niemand van ons gaan dit vryspring nie - die stormwater is oppad volgens v 25. Hoe jy gebou het en waar jy gebou het en of jy wys genoeg was en of jy jou aan sy woorde gesteur het en jou lewe daarop gebou het, gaan maak of jou huis gaan bly staan. Want die storm kom.
Hoe slim is jy? (Of is jy ook stupid?)
En dit is die vraag wat jy moet antwoord aan die einde van die bergpredikasie.

Dit is my gebed dat hierdie reeks uit die bergpredikasie jou uitgedaag het om Jesus, en wie Hy was en wat HY vir ons leer, weer ernstig op te neem. Daar is nie 'n ander pad nie. 


Net 4 BELANGRIKE GOED

# Gaan lees wees weer – Matteus 5-7 – lees dit en bid dit en doen dit !

# In Meimaand gaan ons 'n groot uitreik/saamnooi aksie loods. "Wie sit langs jou?" Begin nou al saambid daavoor - ook vir die mense wat jy gaan saamnooi!!

# Ons volgende Londen erediens is Sondag 28 April

Op Sondg 12 Mei eet ons saam hamburgers na kerk. Bestel joune hier en bring sommer al jou vriende saam!!

As jy onseker is oor enige iets of enige vrae het, bel my asseblief (07725894210) of mail my by rian@sagemeente.com 

Groete in Christus
Rian