Baie welkom!

 
Of jy nou nuut is in Londen, en of jy  al vir jare lank hier bly, ons hoop ons kan al jou vrae beantwoord oor wie en wat ons is, en waarin ons glo. Hieronder is 'n paar sleutelpunte wat jou kan help daarmee, en indien jy nog enige ander vrae het, kontak ons gerus direk deur ons Kontak Ons bladsy.
 

Wanneer & waar is ons eredienste?


Ons hou elke 2e en 4e Sondag oggend diens om 09:30am by Michael Faraday Primary School, Portland St, London SE17 2HR.  Die naaste stasie is Elephant & Castle op die Bakerloo Lyn.  Daar is parkering beskikbaar by die skool.  Volle besonderhede.

Google Maps aanwysings.

 

Wat kan ek verwag as ek daar aankom?


As jy by die skool aankom kyk uit vir ons verwelkomingsbord by die ingangshek na die parkeerarea. Ons verwelkomings span sal jou daar ontvang en presies verduidelik waarheen om te gaan. Hulle sal ook gereed wees om enige vrae wat jy het te antwoord.  Ons dienste word in die skoolsaal gehou. In die voorportaal is daar iemand wat jou sal verwelkom as jy vir die eerste keer ons dienste bywoon. 
As dit jou eerste besoek is sal ons jou kontakbesonderhede vra sodat ons met jou kan kontak hou en jy ons  nuusbrief sal ontvang. 

Daar is koffie en tee beskikbaar voor en na die erediens. Dit is 'n lekker geleentheid om gemeentelede te leer ken. 
 

Is daar 'n spesifieke 'dresscode'?


Glad nie!!! Wees net jouself en dra die klere waarin jy gemaklik voel.
 

Is daar enige kinderdiens fasiliteite?


Ons het fasiliteite vir kinders van alle ouderdomme. Daar is 'n moederskamer vir kinders 0-2jr.  Junior en senior Sondagskool word aangebied vir die ouer kinders na die erediens. Vra gerus vir ons Verwelkoming Span vir meer inligting hieroor wanneer jy by die gebou aankom, of gaan loer na ons Kids Bediening bladsy op  ons webwerf. 

Die veiligheid van ons kinders is ons eerste prioriteit, en daarom word almal op die Kids Bediening ge-DBS check. Click hier vir meer inligting daaroor.
 

Kan ek engels-sprekende vriende saamnooi?


Al ons dienste is in Afrikaans, maar ons het 'n Vertaling Span wat die erediens direk vertaal na Engels. Engels-sprekende gaste kan in die voorportaal  oorfone kry waarmee hulle na die preek in Engels kan luister. Ons praise en worship is beide in Engels en Afrikaans. 
 

Sal ek by die kerk moet aansluit?


Ons verwag glad nie dat jy moet aansluit nie. As jy net na 'n Afrikaanse diens wil bywoon en na die preek luister is jy welkom.